Quantcast
Channel: Blink Boer
Viewing all articles
Browse latest Browse all 117

aAfriForum loods omvattende protesaksie teen Lesufi se rassistiese kulturelendalisme

$
0
0

vaAfriForum loods omvattende protesaksie teen Lesufi se rassistiese kulturelendalisme

AfriForum het aangekondig dat ʼn omvattende protesaksie geloods word teen die Gautengse LUR van Onderwys, Panyaza Lesufi, om sy rassistiese aanvalle op Afrikaansmediumskole stop te sit.  Dié aankondiging volg op Lesufi se uitlatings gister dat duisende kinders in Gauteng nog nie geplaas is in skole vir volgende jaar nie en dat Afrikaanse skole die kinders moet akkommodeer, of die kinders Afrikaans magtig is, of nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met taalsake, is Lesufi ʼn kulturele vandaal wat kinders as pionne misbruik om sy ideologiese agenda teen Afrikaans deur te voer.  “Lesufi loods aanslag na aanslag teen Afrikaanse skole onder die voorwendsel dat hy skoliere se belange op die hart dra.  In die proses gebruik hy laakbare tegnieke soos rassepolarisasie om sy doel te bereik.  Staatsondersteunde skole bestaan al jare nie meer uit leerders van slegs een ras nie.  Tog gee hy voor dat die aanspraak op enkelmedium moedertaalonderrig in Afrikaans, wat internasionaal as die beste vorm van onderrig erken word, rassisties gebruik word om kinders uit skole te sluit.  As deel van sy leuenagtige wanvoorstelling noem hy ook nie dat Afrikaans nie net wit moedertaalsprekers het nie, omdat dié feit nie sy agenda bevorder nie.”

AfriForum berei tans ʼn klag voor wat by die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en Taalregte (ook bekend as die 185kommissie) ingedien sal word teen Lesufi se wanvoorstellings, ontkenning van Afrikaanssprekendes se taalregte en dade van aggressie teen minderheidsregte oor die algemeen.  Die organisasie se regspan ondersoek ook moontlike regsoptrede teen hom.

Bailey het beklemtoon dat AfriForum nie gekant is teen die reg van alle Suid-Afrikaanse kinders om toegang tot uitnemende onderwys te hê nie.  “Die probleem is egter dat die Onderwysdepartement nie daarin slaag om aan die groeiende behoefte te beantwoord nie, en in plaas daarvan om meer skole te skep en die 80% disfunksionele skole in die land reg te ruk, word agter finansiële tekorte geskuil en die las op funksionele skole gelaai om na die kinders om te sien, ten koste van gehalte onderrig van al die leerders, en in die geval ook Afrikaans.”

Onderrig gaan nie bevorder word deur die 20% funksionele skole ook te benadeel met die wegneem van moedertaalonderrig en die volstop van klasse nie.  Gehalte onderwys en regte word nie bevorder deur dit van al meer skoliere weg te neem nie.

Lesufi se oproep om die vernietiging van enkelmedium Afrikaanse skole kom op ʼn vorm van kulturele volksmoord neer,” het Bailey gesê.  Die Suid-Afrikaanse Grondwet erken die reg tot moedertaalonderrig.  Die VN se Deklarasie van Minderheidsregte verklaar: “Onderrig in minderheidstale is ʼn sleutel element van die beskerming van die minderhede”.  Internasionaal is bewys dat dubbelmediumskole oplaas omskakel na enkelmediumskole waar die dominante taal (in die geval Engels) dan die enigste medium van onderrig bly.

AfriForum doen ʼn beroep op alle ouers om die veldtog teen Lesufi se aanhitsende uitsprake en aanslae teen Afrikaanse skole teen te staan.  Aankondigings oor wyses waarop die veldtog gesteun kan word, sal deur die loop van die week plaasvind.

Alana Bailey

Adjunk Uitvoerende Hoof

AfriForum


Viewing all articles
Browse latest Browse all 117