Quantcast
Channel: Blink Boer
Viewing all 117 articles
Browse latest View live

Die beste Bosveld Stereo Blikkiesfees by vêrre

$
0
0

DSC_0789

Die oomblik as jy by die hekke in ry dan besef jy eers wat ‘n groot byeenkoms die Blikkiesfees eintlik is. Die hoeveelheid mense en karre wat gesien word is ongelooflik baie. Almal wil graag by die Blikkiesfees wees. Die reuk van heerlike kos vul jou neus, lekker musiek speel in jou ore en die son brand lekker op jou vel. Die Blik- kiesfees tas al jou sintuie aan.

Met ‘n groot verskeidenheid van stalletjies wat alles onder die son verkoop, veteraan motors en motorfietse, kameelritte vir oud en jonk, die gaskunstenaars wat almal vermaak en ‘n opwindende pretpark vir die jongspan. Daar was iets vir almal. Met elke minuut het die hoeveelheid mense meer geword en teen half twee was die voete al by 6000! Elke jaar word die hoeveelheid mense net meer.

Met Dillon Lerm as die gasheer was daar kort-kort ‘n grappige oomblik. Elke persoon wat deel was van die dag se gebeure is hier vir ‘n goeie doel. Daar is baie mense daar buite wat party aande sonder kos gaan slaap. Daar is ‘n totaal van 20 000 plus blikkieskos ingesamel die dag. Met al die blikkieskos wat ingesamel is gaan honderde mense kos kry. Met die fees wat gehou is by Hartbeespoort Vakansieoord was daar oor as genoeg plek om die skare mense te akkommodeer.

Op die ou einde was daar 8000 mense deur die hekke en dit is kinders, gaskunstenaars, uitstallers en werkers uitgesluit.

DSC_0818

Dankie aan Pick ‘n Pay Hartbeespoort, Brits en Brits Mall vir hulle borge. Asook Dube Wildsreservaat, Sasko Brits, Harties Welness World, Winchado, Ras Appliances, PPS Sekuriteit, Hartbeespoort Vakan- sieoord, Pretoria Woonwaens, Supreme Brake & Clutch, Talisman,Ron Stirk vir die vliegtuig, Noord-Wes Panneelkloppers, Brits Drukkery en andere. Bosveld Stereo wil al die betrokke kunstenaars bedank vir hulle opoffering en bereidwilligheid om te help om die dag ‘n reuse sukses te maak. Volgende jaar gaan die Blikkiesfees mik om 10 000 mense daar te hê. ‘n Bedrag wat, na hierdie jaar se Blikkiesfees, glad nie so onmoontlik lyk nie. Maak seker dat jy een van hulle gaan wees!


Dragon Fruit Boerdery, vrouebesigheid in aksie!

$
0
0

DRAG

Merinda en Petro Ehlers is nou vir jou ‘n ma-en-dogter boervrou span wat skrik vir niks nie. Hulle is ewe lief vir blomme, soos enige ander vrou en het dit hulle passie gemaak. Dragon Fruit Boerdery is nou so bietjie meer as ‘n jaar oud.

Hulle het so 2 000 plante en die meederheid daarvan is die gewone Pink Pitaya. Hiérdie vrug is baie lekker en is ook baie gesond en is propvol voedingswaarde, vesel, vitamines en anti-oksidante. Hulle het ook die meer eksotiese varieteite soos die Golden Yellow wat skaars en baie duur is, die American Beauty, Cosmic Charlie, Delight en nog so paar ander varieteite ook. Dragon Fruit Boerdery se plante sal hierdie komende somer weer vrugte dra en hulle sien uit daarna om hulle te pluk.

Hiérdie duur en redelik onbekende vrug was die seisoen by sekere vrugte winkels beskikbaar. Aangesien hierdie plant net een aand blom sal hulle weer min slaap wanneer dit gebeur want hierdie blomme is baie mooi, groot en het ‘n heerlike geur en hulle wil graag deel wees daarvan. Die bestuiwing van hierdie blom word ook deur ‘n spesiale mot of vrugte vlermuis gedoen, maar jou oë moet baie vinnig wees om hierdie diertjie te sien. Hier is ‘n foto van die blom in die begin stadium en dan ‘n paar aande later wanneer dit vol oop is, asook ‘n foto van die vrug.

Om hierdie spesiale plante te versorg gebruik hulle die beste handskoene, maar ongelukkig help dit nie baie as die doringtjies besluit hulle wil jou prik nie. “Hulle het nie veel simpatie met ons vingers en handpalms nie,” spot Merinda en Petro ewe. Hulle boer ook met pekanneute, en het ‘n pekanneut kwekery met drie varieteite en al het hulle nie ‘n groot plaas nie is hulle baie intensief bedrywig op hulle agt hektaar grond en geniet elke kosbare oomblik daarvan. “As daar ‘n boer is naby die see wat n plaas vir ons wil skenk sal ons dit waardeer want dan kan ons nog visvang tussen die boerdery ook,” grap die twee met afsluiting.

Jeanette, die vrou met die heuningsoet stem

$
0
0

FB_IMG_1466690470035

Almal ken haar as die pragtige blondine van Heuning en deesdae maak sy naam met haar solo loopbaan. Min weet almal dat Jeanette eintlik van Brits af kom en skool gegaan het by Die Hoërskool Wagpos. Blink Boer het saam met Jeanette gaan koffie drink om te gesels oor toe en nou.

Musiek was nog altyd deel van haar lewe. Sy vertel dat haar ma se kant van die familie baie musikaal is en met elke familie byeenkoms het hulle die lekkerste musiek gemaak.

Jeanette het as kind aan baie sang kompetisies deelgeneem en op so ‘n manier is sy ontdek en op die ouder- dom van twaalf het sy haar eerste plate kontrak gekry en een album uitgebring. Vir ‘n ruk lank het sy eers op haar skool loopbaan gefokus en na skool het sy weer met alle mag in haar musiek ingegaan en op twintig het sy haar eerste volwasse album uitgebring. Na drie albums is daar besluit dat Heuning ‘n realiteit gaan word.

“Ek het vermaak aangebied by Die Oog in Naboomspruit en daar was ‘n sang kompetisie gewees. Henk, wat saam met my in Heuning sing, het deelgeneem. Hy was toe nog op skool gewees. Ons het hom genader om ‘n oudisie te doen vir Heuning en hy het dit gekry. Ons het vir die eerste keer in 2012 saam opgetree as Heuning.” sê Jeanette. Jeanette het ‘n paar van haar gunsteling tydverdryf aktiwiteite verklap. Haar gunsteling plek is die wildtuin.

As sy en haar man albei op dieselfde naweek af is pak hulle dadelik hulle naweek tasse en gaan wildtuin toe. Hulle dogtertjie is net so lief vir die wildtuin soos hulle. “Ek het al baie stokperdjies probeer, maar dit is moeilik om een te hê as jy heeltyd besig is. Ek is baie lief vir lees en as ek ‘n kansie kry dan sal jy my neus in ‘n boek vind. Familie tyd is my gunsteling, dan kan ons almal rustig raak en tyd saam met ons geliefdes spandeer.

Ek verruil dit vir niks nie.” sê Jeanette met ‘n glimlag. Sy het ook raad vir opkomende kunstenaars wat nog nie ontdek is nie, maar wat bitter graag ‘n toekoms wil maak deur te sing. As jy nog op skool is en daar is nie baie geleenthede om te sing nie moet jy gaan praat met die skool en jou eie inisiatief gebruik en ‘n sing klub begin. Gryp elke geleentheid aan wat voorkom. Neem aan elke kompetisie deel. Jy gaan twyfel of jy moet of nie, maar gaan vir dit.Die volgende kompetisie mag dalk net die een wees waar jy raakgesien word.

En wat is haar gunsteling deel van haar gewese tuiste? “Die berge. Ek is baie lief vir die berge.” sê Jeanette, “Ek ry baie hier deur en ek sal nooit moeg raak vir die berge nie.” Haar volgende solo album gaan einde van die jaar of vroeg volgende jaar op die rakke wees. Hou die winkels dop. Dit is ‘n album wat nie gemis moet word nie!

Reuk, aantreklikheid en paring in diere – vang ‘n wenk!

$
0
0

4983916011_4539c96445

Kinders met miere is alte lastig – wilde en woelige ondeugde wat hul ouers teen die mure laat uitklim. Maar om die mier darem in een asem met deugdeloosheid te noem, is iets wat koning Salomo in al sy wysheid seker nooit sou gedroom het om te doen nie. Hy het immers geweet hoe fluks en toegewyd ’n mier is. Gaan na die mier, luiaard, vermaan God in die Spreukeboek, kyk hoe hy werk, en leer by hom.

Miere, net soos baie ander diere funksioneer op ‘n chemiese reuk en die afskeiding tree in soos ‘n neurologiese instink wat dan op ‘n kommunikasie vlak paring en teeling veroorsaak binne ‘n swerm. Die eerste insektekundiges wat miere bestudeer het, het dan ook ’n byna menslike verstandsvermoë aan hierdie vlytige gediertetjies toegedig. Maar latere navorsing het getoon dat hul oënskynlike “skranderheid” die gevolg van chemiese kommunikasie is. Hulle tree op volgens instink en kan geen probleem buite hul gewone doen en late oplos nie. Hulle weet nietemin hoe om hoogs voorspoedig te lewe! Geslagtelik ten volle ontwikkel, is die wyfies of koninginne die grootste miere in die nes. Hulle het vlerke tot ná hulle gepaar het en werp dan die vlerke af. Koninginne lê geweldig baie eiers en wy gewoonlik hul hele lewe aan voortplanting. Die koningin is die belangrikste enkele lid van ’n kolonie. Sy skei feromone (chemiese reuke) af wat ’n uitwerking op al die ander miere het en dus ook die verskillende werkinge in die nes beïnvloed. Sonder haar is die kolonie uiteindelik gedoem, want min of geen nuwe miere sal gegenereer kan word om dié te vervang wat doodgaan nie. Koninginne kan jare lank lewe. Hulle ontwikkel uit bevrugte eiers.

Die mannetjies is gewoonlik kleiner as die koninginne, maar net so groot of groter as die werkers. Hul koppe is klein, maar hul oë en voelhorings groot en goed ontwikkel sodat hulle in staat kan wees om die koninginne op te spoor. Mannetjies word in die reël as die mins aktiewe lede van die miernes beskou. Hul enigste taak in ’n betreklik kort lewetjie is om met die koninginne te paar. Hulle ontwikkel uit onbevrugte eiers. ’n Mierswerm is een van die natuur se skouspele. ’n vlieënde menigte vul die lug en dring geboue binne. Dikwels versamel hulle op hoë plekke soos bome, torings en bulte. Swermvor- ming by miere is die paringsvlugte van ’n enorme klomp mannetjies en wyfies. Die mannetjies vrek ná die paring, maar vir die wyfies is dit slegs die begin – want die proses word herhaal ter sake van voort- planting. Paring en die reuk wat sekere dierspesies afgee gaan hand in hand en is ‘n interessante en komplekse siklus wat hewig verskil van insek tot insek en van dier tot dier. Met ander woorde en op ‘n ligte noot, as jy jou as mens in die bekende ‘hoekies vir eensames vind,’ en as jy bitter graag ‘n ‘maat’ wil aantrek, is dit ‘n goeie wenk om by diere te leer en seker te maak dat jy lekker en aantreklik ryk – dis dalk jou oop deur na daardie gesogte ‘date,’ jy weet nooit nie.

Die skoonheid van blomme en die rol wat bye daarin speel

$
0
0

Bee-and-Flower

Kan jy jou ’n wêreld sonder blomme of bome voorstel? Bye bes- tuif blomme en bestuifde blomme maak sade. En baie soorte sade bevat ’n vlesige omhulsel wat ons ’n vrug noem. Sê dus baie dankie vir die by!

Het jy geweet dat blomme sekere kleure en reuke afgee om bye en ander insekte aan te trek sodat bestuiwing plaas kan vind deur die stuifmeel wat bye gebruik vir hulle bestaan? Die skoonheid en mooiheid van ‘n blom bepaal dus of daar bestuiwing en voortplanting vir elke spesifieke plant plaasvind. In sy breë betekenis is die heuningby enige insek van die familie Apidae, orde Hymenoptera, en sluit dit alle bye in wat heuning vervaar- dig. In die enger sin het dit egter net betrekking op vier lede van die geslag Apis, maar gewoonlik word dit tot die gewone heuningby, Apis mellifera, beperk. Die ander Apisspesies kom slegs in Asië voor, en sluit gonsende “dwergies” en “reuse” onder die bye in. Daar is ook ’n aantal variante en subspesies, of rasse, van die Apis-spesies. Benewens heuningbye het ons hier in Suid-Afrika ook ander interessante byesoorte wat klein, primitiewe kolonies vorm, soos die angellose klein mokka- en mopaniebye. Nog ander is volslae alleenlopers. Een voorbeeld is die houtkapperbye, wat hul neste in stompe en pale maak. Ons gewone heuningby het, soos alle insekte, ses pote, ’n drieledige lyf (kop, toraks en agterlyf) en ’n harde buiteskelet.

Die werkerheuningby is ’n rapsie langer as een sentimeter, hoewel die groottes van verskillende variante van hierdie spesie wissel. Die kop en toraks (bors) is iewat stekelrig en verskil in kleur na gelang van die variant. Daar is twee groot saamgestelde
oë en drie enkelvoudige oë, wat besonder goed kan sien, asook twee sensitiewe voelhorings wat reuke waarneem. Heuningbye woon saam in byeneste of byekorwe. Hulle kan met ’n snelheid van nagenoeg 25 km/h vlieg en verorber nektar (’n soet vloeistof in blomme) wat hulle in heuning omskakel. In die proses waarin van blom tot blom gevlieg word, versamel die stuifmeel van baie plante in die stuifmeelmandjies (holtetjies) aan die by se agterpote en word stuifmeel ook versprei waardeur plante bestuif word. Biotiese bestuiwing, met die hulp van diere, is meer algemeen. Die diere dra die stuifmeelkorrels van die helmknop na die stamper. Plante lok gewoonlik sekere insekte of diere om as bestuiwers op te tree. Daar is sowat 200 000 soorte dierebestuiwers in die natuur, waar- van die meeste insekte is.

Entomofilie en bestuiwing deur insekte, vind gewoonlik plaas by blomme wat kleurryke kroonblare en sterk reuke het om die insekte soos bye, perdebye en soms miere, motte en skoenlappers te lok. In soöfilie is die bestuiwers werweldiere soos voëls en vlermuise. Plante wat deur motte en vlermuise bestuif word, het gewoonlik wit kroonblare en ’n sterk geur. Waar voëls die bestuiwers is, het blomme dikwels rooi kroonblare en geen sterk geur nie; min voëls maak op ’n reuksintuig staat om kos te vind. So volgende keer as jy ‘n by sien, in plaas daarvan om die arme ding te wil dood maak uit vrees om gesteek te word, onthou dat elke by die bestaan van byna elke blom spesie verseker.

Die oorleweringsmeganisme van nederigheid in die werksplek

$
0
0

wolf-of-wall-street-minimum-salary

Dinge kan altyd moeilik raak in die werksplek. Verskillende mense, van verskillende kulture en rasse, vanuit verskillende gelowe, met ‘n verskil in politieke uitkyk, en boonop dit het elke een sy eie persoonlikheid, temperament en opinie op alles. Klink meer na die bestanddele van ‘n bom wat enige oomblik gaan ontplof met die ge- dagte dat dit net n kwessie van tyd is, is dit nie?

Nou moet jy ook die gedagte versoen met die feit dat in party bedrywe is stres en ontsettende druk deel van ‘n gewone dag op kantoor. Neem dit ook in ag dat in sekere sektore, dat elkeen daagliks met sy mede kollegas moet letterlik ten bloede baklei om hulle werk eenvoudig gedoen te kry. Want in hiérdie sektore is dit ‘n ketting reaksie soos in ‘n fabriek – as een nie sy pligte nakom is daar eenvoudig net nie ‘n produk vir die volgende persoon om op te werk nie en sodeur loop almal die wenstreep mis. Dit is belangrik om jou plek te kan in enige bedryf. Jy moet eerbiedig wees en respek betoon vir jou medewerkers en veral jou baas.

Maar, in werklikheid soos die Bybel sê ‘ ‘n sagte woord keer die grimmigheid af.’ Die goue sleutel is nederigheid. Almal is tog bekend met die Suid-Afrikaanse Raad vir Geesteswtenskappe (RGN). Die vrou te midde al daardie professore en doktors, wat deskundiges in hulle veld is, is die mees intelligente vrou in die hele instansie (sy sou graag nie genoem wil word nie). Met ‘n PhD in didaktiek en ook dan ‘n geakkrediteerde nagraadse wiskundige, is sy die nederigste en mees saggesproke persoon wat grootliks gerespekteerde gesag outomaties afdwing. Sy sê min, maar as sy iets sê luister almal aandagtig. Sy kon met gemak die ‘CEO’ word, maar beperk haarself in alle nederigheid tot haar eie departement.

Nederigheid is ‘n juweel in die werksplek. Dit is uiters belangrik om met almal ten alle tye nederig en beleefd te wees al is almal se houding nie dieselfde teenoor jou nie.
Dit sal vir jou tel by die bestuur en jou kollegas. Jy wen so die respek van almal en jy kan dan verseker wees van geen vyandskap in die werksplek. Nederigheid ten spyte van sukses
is vlak waarop die ware gees van binne beweeg. ‘Die wat op die aarde verneder word sal in die hemel ver- hewe word,’ se die geskrewe Woord ook verder. Trots, hoogmoed, arrogansie, en ‘n ‘ek is beter as julle’ houding kom altyd net voor die val. So, volgende keer as jy voel jou ego word in die werksplek ge- kwes, onthou hierdie lewenslesse en veg die oorlog op die regte manier en dit met nederigheid, ingetoënheid en wetend dat al lyk jy vertrap deur ander, stap jy die wenner uit en jou lewe sal daardie sukses van binne na buite weerspieël.

Koos van der Merwe Grappies

$
0
0

Koos en Mike speel gholf in die Kaap en die suidooster waai sterk soos gewoonlik. Elke keer wanneer hy gereed maak staan Koos met sy voete al verder uitmekaar tot hy uiteindelik wydsbeen staan.
Mike: Waarom staan jy so swaer?
Koos: Ek het les gehad by Gary Player en hy het gesê hoe harder die wind waai, hoe laer moet jy jou balle hou.

Kort na die kroeg se toemaaktyd bel Koos sy vrou uit sy motor.
“Skat, jy moet seblief dadelik kom en my kom haal hier by die pub. Die blêsidse diewe het die kar se stuurwiel, die pedale, selfs die hele blêddie dashboard gesteel.”
“Koos,” sê sy vrou “jy is al weer op die agterste sitplek!”

Koos aan sy vrou:
“Skattie, ek het ‘n vriend genooi vir ete.”
“Koos, is jy nou mal? Die huis lyk soos ‘n varkhok, hier is niks kos nie, al die skottelgoed is vuil en ek lyk verskriklik!”
“Ek weet”
“Nou hoekom nooi jy die man!”
“Die arme drommel dink daaraan om te trou.”

Koos, sê Mike, jy sal moet ophou drink. Drank is ´n stadige gif!
Miskien is jy reg, antwoord Koos, maar ek is nie haastig nie.

Wat doen jy as Koos van der Merwe ´n handgranaat na jou gooi?
Trek die pennetjie uit en gooi dit terug.

Duiweresies en teling – ‘n gesofistikeerde sport van ouds

$
0
0

EllenByJoeyConcepcionP1060631

Wat die teling van resiesduiwe behels word daar gewag tot die duiwe so paar maande oud is. Daar word ook gewag totdat daar eers twee eiers gelê is en die broei tydperk is 17 dae. Duiwe wat reeds resieskampioene is word saamgestel om te teel sodat dit die eienaars beter kanse beloof met betrekking tot kompetisie. Dit het oor die jare gelei tot die ontstaan van resiesduiwe wat oor 1 600km heen en terug kan vlieg teen ‘n spoed van 130km/h. Die henne is in staatom12eiers‘njaartelê,diekuikens verlaat nes gewoonlik wanneer hulle so drie tot vier weke oud is.

Die gevare van hiérdie sport draai om die feit dat die resies in die lug plaasvind en dit stel die duiwe oop vir aanvalle deur roofvoëls. Dit het veroorsaak dat baie mense wat deelneem in hierdie sport roofdiere soos valke doodmaak om dit te probeer verhoed. Die grootste gevaar is gewoonlik krag drade en televisie antenna’s waarin die voëls geneig is om in vas te vlieg. Una Germishuys van Pretoria wat graag die Blink Boer het die volgende onder ons aandag gebring; “Ons sukkel met ‘n laksman wat ons duiwe uitmoor, ons het al baie trane gestort, wat kan ‘n mens doen om so laksman weg te hou?” ‘n Voëlverskrikker hoort die ding te doen. Anderste sal ‘n mens ‘n ander voel moet aanhou so die kwêvoël wat vir die duiwe skadeloos is maar wat wel die laksman weghou. Die laaste poging as dit nie werk nie is om die laksman eenvoudig te skiet aangesien dit net een is en die duiwe baie meer in getal uitmaak.

“Daar is weekliks baie trane wat gestort word as gevolg van baie van my duiwe wat verslind word,” erken Germishuys. Suid-Afrika is die tuiste van die rykste eenhok duiweresies in die wêreld genaamd die Miljoen Dollar Duiweresie. Dit behels ‘n kompetisie waar 4 300 duiwe van 25 lande teen mekaar kompeteer vir R1.3 miljoen. Opvolgers staan die kans om luukse motors en minder geld te wen.Die algehele wenner kan verwag om $200 000 in die sak te steek. In die Sun City duiweresie kompetisie word duiwe 550km buite die veld losgelaat en verwag om terug te vlieg na ‘n eenheid hokke toe. Hiérdie sport is inderdaad ‘n stokperdjie wat veel in die sak kan bring, maar voor ‘n mens op gesofistikeerde vlakke kan kompeteer gaan dit jou nog veel uit die sak uit jaag. As ‘n stokperdjie isditbaieopwindend,as‘nsportbly dit maar die ryk man se speelding! Duiweresies is ‘n sport wat se oorkoms van ouds ontstaan het. Duiwe is ook dieoudste makgemaaktevoëlwat bestaan. Hulle was oorspronklik gebruik om boodskappe aan te dra, veral in die weermag.

Duiweresies het ook eers in België begin in die midde 19de eeu. Duiweresies as ‘n sport het eintlik ontstaan uit die loslating van duiwe wat spesiaal opgelei was om heen te vlieg en dan oor ‘n sekere tydperk terug te vlieg. Dit is ‘n sport wat beoordeel word teen tyd. Die distansie en afstand word gemeet teen die tyd wat elke duif vat om ‘n reis te voltooi.

Die opleiding van hiérdie duiwe bestaan daaruit om hulle van kleins af te leer om eers gewoond te raak aan hulle nes of hok area. Van daar af word hulle toegelaat om tussen die nes of hok die tuin te kan geniet en weer terug te kom. En dan van daar af, vlieg hulle kort afstande tussen hulle nes en ander dele in die area – die duiwe word dus geleidelik geleer om verdere afstande te vlieg en dan so gou moontlik terug te vlieg huis toe. Die behoefte om te teël word ook gebruik deur die wat hulle oplei om hulle aan te hits om vinnig by hulle bestemming uit te kom. Tegnologie het ook duiweresies tot heeltemal
‘n ander vlak geneem; GPS word ook gebruik deur diegene wat hierdie tipe toestel kan bekostig en wat baie ernstig is oor die sport.


‘n Gesellige Veiling By M&M Auctions

$
0
0

auction-pritchards-cabinet-of-curiosities

Vir drie jaar lank het M&M Autions veilings gehou langs die Thabazimbi Pad. Nou is hulle vir drie maande al op hulle eie perseel in die JR Trust Sentrum. Die veilings word nou elke Saterdag voor die winkel gehou. Hulle koop nie aan nie, hulle verkoop net vir hulle kliënte. Die goed wat nie op Saterdae verkoop word nie bly in die winkel en sal hulle dit daar vir die persoon verkoop. Daar word geen ekstra fooi gevra by die veilings nie.

Daar is ook geen registrasie fooi nie en jy kry jou geld nog dieselfde dag. Hulle beste veiling tot dus ver was op die 16de Desember 2014. Dit was ‘n reënerige dag en dit was
‘n groot sukses. Die mense het met hulle sambrele en reënjasse in die reën gestaan en veiling gehou. Die weer het niemand af- geskrik nie. M&M Auctions doen gemeenskaps veilings, plaasopruimings en likwidasie veilings.

Daar word ook goeie kwaliteit tweede handse klere verkoop teen bekostigbare pryse. Die klere word ook ingevoer. “Die vreemdste versoek wat ons al gehad het was ‘n kliënt wat ingekom het en gevra het vir tweede handse onderklere.” sê Melissa, ‘n mede eienaar. Jy kan gerus al jou Revlon, Elmay en Charlie grimering by M&M Auctions koop. Hulle pryse is spotgoedkoop! Veilings word op so ‘n manier gedoen dat oud en jonk, Afrikaans en Engels sprekendes dit sal verstaan. Jy sal nie onkant gevang word nie.

Hulle vertel dat hulle plekkie ‘n lekker kuierplek is. Kliënte kom altyd terug en dan wil hulle eers ‘n koffie of twee drink voor hulle weer ry. Daar is altyd ‘n lekker atmosfeer. Het jy dalk iets waarna jy opsoek is? Maak ‘n draai by M&M Auctions. As hulle nie die item het waarna jy soek nie dan sal hulle dadelik begin rondbel en die item vir jou soek todat hulle hom kry. Goeie diens en ‘n vriendelike glimlag is wat jy dadelik ontvang die oomblik as jy by hulle deure instap.

Kultuur van vrye denke – van waar gekom?

$
0
0

powerfulthinking

Anders as die konvensionele opvatting, kan die wortels van vrye denke gevind word reeds lank voor die era van die hippies en die vredesbeweging van die Amerikaanse studenteopstand gedurende die 1960’s. Die fassinerende geskiedenis van vrye denke kan eerder terugge- voer word na die tyd van die Eerste Wêreldoorlog.

‘n Ietwat vollediger studie van dié geskiedenis kan die moeitewerd wees, aangesien dit ‘n aanduiding kan gee van waarom politieke korrektheid soms bestempel word as “kulturele Marxisme.” Lou het ook ‘n bykomende bydrae gemaak tot die voortbring van vrye denke as ‘n filosofiese wêreld van grys in teenstryd met die aanvaarde ideologie van ‘n wêreld wat verdeel word deur wit en swart, reg en verkeerd.

Die fundamentele beginsels wat libertyne voorstaan is die reg tot indiwiduele vryheid, indiwiduele verantwoordelikheid en indiwiduele eiendom. Libertyne het ‘n uitgebreide teorie oor hierdie waardes wat hulle verdedig, wat nie noodwendig strook met heersende sienings oor vryheid nie en is sterk teenstanders van kollektivistiese sienings in die verband.

Egalitarisme word die norm. Dit maak ‘n volkstaat weer onaantreklik, want wie, wat gewoond is aan ‘n hoër leefstyl van vroeër, sal homself van luukshede wil stroop, al is die doel hoe edel? Diegene wat die koopkrag, ondervinding, vernuf en kennis het, vind eerder ander heenkome oorsee, met infrastruktuur wat reeds in plek is. Om vir ontwikkeling te sorg, moet die nuwe intrekkers bereid wees om twee of meer werke gelyktydig te doen, teen ‘n skraler betaling, al is dit ook net tydens die tot- standkoming van die staat. Hierdie arbeidsverdeling moet dan ook regverdig en streng volgens iemand se vermoëns gereguleer word.

Baie libertyne huldig byvoorbeeld die sienswyse dat persoonlike vryhede (soos privaatheid en vryheid van spraak) onafskeidbaar is van ekonomiese vryhede (soos die vryheid om handel te dryf, te werk of te belê). Hulle beklemtoon die punt om hulself te onderskei van kollektivistiese sosialiste wat glo dat beheer van die ekonomie nodig is om persoonlike vryheid en persoonlike welstand te verseker, asook van konserwatiewes wat vrye handel verbind met beperkende maatreëls rondom persoonlike sake
soos seksualiteit, dwelmgebruik en spraak. Baie kritiek op libertynisme
wentel rondom die begrip van “vryheid” self. Sosialiste argumenteer dat die ekonomiese vryheid wat deur libertyne verdedig word lei tot voorregte vir die ryk elite en tot skendings van werkers se regte.

Een van die hoofargumente van baie libertyne is dat regte oorspronklik in indiwidue gesetel is en nooit in groepe soos nasies, rasse, gelowe, klasse of kulture nie. Volgens die begrip is dit sinneloos om te sê dat ‘n onreg aan ‘n klas of ras gedoen word sonder die pleeg van spesifieke indiwiduele onreg aan indiwiduele lede van ‘n groep. Dit weerspreek ook stellings soos, “Die regering het die reg om …”, aangesien onder die formulering “die regering” geen oorspronklike regte het nie maar slegs verpligtinge waarmee dit wetlik toevertrou deur die regte van die burgers. Die klassieke probleem in politieke filosofie van die wet- tigheid van eiendom is onontbeerlik vir libertyne. Libertyne regverdig indiwiduele eiendomsreg op die basis van self-eienaarskap. Wie bepaal tog wat regtig reg en verkeerd is. Streng gesproke, en volgens Joodse, Islamitiese en ook Christelike (Paulus) geskrewe beginsels mag geen vrou aan ‘n man gelyk wees in liggaamskrag en kan nooit gesag oor ‘n man uitoefen of enige politieke of godsdienstige amp beklee nie. Vrye denke het dit alles verander met die sinspeel dat ons moet aanpas by die behoefte van die era.

Lou het tog ‘n platform gestig waar vrye denkers die gesag, opinies en algemene aanvaarde kultuur, tradisies, politieke wyses en geloofsoortuiging mag openlik weerlê, teëgaan, uitdaag en verwerp met geen vrees en luide tereg spraak. Dit is in ‘n gebalanseerde lig, die reg om vir jouself te kies wat is jou prioriteite en wat is reg volgens die innerlike menslikheid van jou eie menswees. Dit sluit in empatie en mededraagsaamheid tee- noor ander in ‘n unversieële uitkyk. Regverdigheid en nie geregtigheid is die standpunt van enige vrye denkende.

Roosboerdery –‘n lekkerruik kuns

$
0
0

rose-farm-barn-17

Rose is ‘n interessante onderwerp. Die eerste ‘blou’ roos was geneties gekweek in 2009. Dit is aangesien ‘n mens nie van nature blou rose kry nie. Die wêreld se duurste roos was aan die wêreld bekendgestel in 2006 deur die bekende rosekweker David Austin genaamd die Juliet Roos wat 15 jaar gevat het om te kweek – die roos kos ‘n asemrowende $15 miljoen. Die roos is ook een van die planttipes wat in die Bybel voorkom. Dit is ook opvallend dat alle rose vyf bloeisel blare het behalwe vir die Rosa Sericea wat net vier het.

Daar is ook verskeie lande wie se inkomste hoofsaaklik van roosboerdery of rooskwekery vandaan kom. 54% van Ecuador is besaai met rose en oor ‘n kwart van hulle rose word aan die VSA verkoop. Omtrent 60% van alle gesnyde blomme wat in Frankryk gekoop word is ook rose; in Suid-Amerika is rose groot besigheid en voorsien werk aan oor 250 000 mense. In Suid-Afrika, volgens statistiek word daar byna 3 biljoen rose uitgevoer na die buiteland toe elke jaar, ons voer nie juis veel in nie. Dit is duidelik dat hierdie bedryf nogal baie lonend is vir die bekwaamde en besigheidsdenkende. Roos seisoen is in herfs en die plante sowel as die blomme en stuggies word uitgevoer van Suid- Afrika na die buiteland. Dit vat ongeveer nege ure om die rose te oes, die dorings af te knip, stuggies te meet, te verpak en daarna word die oes per skip wêreldwyd uitgevoer. Dit is dan afhangende van die uitvoer maatskappy hoe lank dit kan vat om by die maatskappy uit te kom wat dan in massa verkoop aan blomme winkels, besighede en die publiek.

Die vervoer per skip kan ook nie te lank vat nie sou die rose verlep. Inteen- deel, die rose word verpak en gestoor in koue temperatuur om die varsheid van die blomme te verseker. Roosboerdery of liewers roos kwekery is nogal ‘n arbeidsintesiewe bedryf. Hoe meer rose of roosplante jy wil oes, hoe meer arbeid en hoe meer ingewikkeld kan dit raak om goeie opbrengs te lewer. ‘n Belangrike faktor in die kweek van rose, en veral op grootskaal is die tipe rose wat jy kweek. Die kwaliteit van rose wat jy kweek speel ook ‘n groot rol sou jy wil deelneem in enige roos kompetisie ook. Rose word gebruik vir allerhande doeleindes. Dit sluit in troues, partytjies, begrafnisse, as geskenke, binneshuisrangskikkings, as ‘n kruie middel, en ook as tee.

Heel eerste moet jy natuurlik óf ‘n groot kwekery besit óf ‘n redelike groot stuk grond. Wat die klimaat betref, meer sonlig, humiditeit en ‘n gebalanseerde temperatuur tussen 15°C en 28°C word verkies in tropies en subtropiese areas. As die temperatuur hoër as 30°C behou word, moet daar genoeg humiditeit wees en verdamping sal dan moet tot die mini- mum ook behou word. Rose verkies ook grond wat goed gedreineerd is en wat genoeg stikstof bevat. Kompos kan ook bygevoeg word om die grond te verryk – dit sal veel help met die nodige voeding. Dit is voordelig dat organiese materiaal so diep soos 30cm op die oppervlak behou word met ‘n algehele PH van tussen 6 en 6.5. Die grond moet versigtig los gespit word elke vier tot ses maande – dit is vir besproeiingsdoeleindes. Rose word ook oor die algemeen deur saad voortgeplant. Om die bloeisels te gebruik word as die beste metode van voortplanting beskou. Die sade kan in ronde putte van 60cm tot 75cm diep geplant word, met 60cm tot 90cm uitmekaar uit. Om al die stukkende blare te verwyder terwyl jy plant is baie belangrik. Rose, oor die algemeen benodig agt ure se goeie sonlig. Jy moet ook seker maak dat jou roosplante gedurig gesnoei word.

Roosplante moet daagliks besproei word totdat hulle meer standvastig is; daarna is eenkeer ‘n week meer as genoeg. Bemesting word benodig elke drie tot vier maande om die beste groei te ontwikkel, veral na snoeiing. Roosplante word met oes afgesny met ‘n skerp tuinsnoei terwyl die bloeisels nog styf toe is en terwyl die kleur van die blomme
op hulle volste is – dus is dit wanneer die bloeisels nog oop moet maak. Met oes moet daar een tot twee bemesting blare op die plant gelos word wanneer die blom spesifiek afgesny word. Om hiérdie volwasse blare agter te laat soos voorgeskryf sal die ontwikkeling van nuwe sterker bloeisels verseker. Dit is ook voortreflik om in die vroeë oggend ure te oes. Roosplante kan 80 tot 90 stamme of roseplante voorsien per jaar. Dié tipe bedryf is baie lonend. Die belangrikste is: as jy hoë gehalte rose produseer sal jy gewis oorgenoeg profyt maak.

James en André, twee broers met baie talent

$
0
0

IMG_8375

Vriendelik, nederig, plat op die aarde en talentvol. Hierdie is maar net ‘n paar woorde om die broers, James en André, te beskryf. Hulle word vergelyk met die legendariese Groep 4 en Simon & Garfunkel. “Dit is ‘n groot kompliment,” sê James, “Dit is groot skoene om vol te staan.”

Tog streef hulle elke dag meer en meer daarna om hulle eie klank te hê. Hulle is net hulle-self en harmoniseer baie goed saam. Deur net een liedjie van hulle te luister sal jy dadelik kan hoor wat bedoel word daarmee. Tussen die twee kan hulle altesaam die mondfluitjie, baskitaar en gewone kitaar speel.

Die broers sing al vanaf 1999 saam en stap al ‘n lang pad saam in die musiek bedryf. Sing is hulle passie en hulle lewe elke dag vir dit. As hulle in die oggende opstaan gryp hulle dadelik ‘n kitaar en begin musiek maak. Musiek het eers begin as ‘n stokperdjie, maar later het dit gegroei en nou staan hulle met ‘n klomp snitte agter hulle name.

Toe James 17 jaar oud was het hy blind geraak en het hy nie gedink hy sal ‘n loopbaan maak van musiek nie. “Dit was op dieselfde tyd erg, maar ook nie erg nie. Ek was in ‘n skool vir blindes so ek was dadelik in die diep kant gegooi. As jy blind is voel jy daar is limiete op die dinge wat jy kan doen, maar jy kan enige iets doen wat jou hart begeer. Na skool het ek nie geweet wat ek wil doen nie tot ek eendag na Lucas Marree se vertonings toe gegaan het. Hy het tussen die gehoor gaan sit en nog vertel dat hy nie ‘n konsert hou nie, maar saam met ons almal kuier. Daai aand het ek geweet wat ek wil doen. Daar was altyd ‘n prentjie in my kop van om saam met iemand op ‘n verhoog te sing en dit is hoe ek en André saam begin sing het. Hy was toe nog op skool gewees aangesien ons met ses jaar verskil.” vertel James.

Met hulle nuwe album nooi hulle almal uit om na hulle album te luister. Hulle speel self die musiek en daar is geen elektroniese byklanke nie. Dis ‘n unieke album. Musiek klink te veel na mekaar, want elke tweede persoon sing musiek wat reeds uit ander kunstenaars se penne uitkom. Volgens André is skryf moeilik en maklik. Dit hang af van hoe jy voel. Tog raak dit makliker met elke album. As iets hulle inspireer dan skryf hulle dit neer. Dit is waar een van hulle treffers, Kombuis, vandaan kom. Gewoonlik is dit James wat die liedjies skryf, maar dié een het André geskryf. Hy was eendag oppad werk toe, toe Ivita op die radio oor haar nuwe kookboek praat. Sy het gesê dat die kombuis die hart van die huis is. In ‘n plaaskombuis kan jy heeldag sit en gesels en koffie drink. So het die liedjie ontstaan.

En wat is hulle gunstelling snit op hulle nuwe album? “Kampvuuraande.” sê James, “Dit beskryf ons. Ons doen enige tipe konserte, maar hou die meeste van kampvuurkonserte. Dan kombineer ons dit met ‘n braai. Dit is rustig en stil.” Een ding is verseker van James en André en dit is dat hulle nooit met ‘n suurgesig of ‘n ontstuimige hart op die verhoog sal wees nie. Vir hulle is dit belangrik om vir jou waarde vir jou geld te gee. Koop vandag nog hulle nuutste album, Malemeule. Vir enige navrae of om hulle te bespreek kan hulle op info@jamesenandre.co.za gekontak word.

Krisant Boerdery Op Sy Beste By Berg En Dal

$
0
0

IMG_8539

Om met blomme te boer klink dalk maklik, maar in waarheid is dit ‘n boerdery wat so stiptelik moet gebeur om te sorg dat daar elke dag van die jaar vars blomme in die winkels beskikbaar is. Pieter Rodenburg (39), van Berg en Dal, is ons land se jongste blomme boer wat weet wat dit beteken om hard te werk. Hy het in 2001 al begin boer en vandag kan hy die vrugte, neé blomme, van sy harde werk pluk.

Met die oogopslag kan mens sien dat Pieter sy boerdery reg hanteer. Alles is netjies en op sy plek sodat ‘n perfeksionis nie fout sal kan vind nie. “Mens moet moeite doen om
die blomme reg te kweek. Dit behels die regte infrastruktuur en die regte span mense om ‘n sukses te maak van die boerdery.” verduidelik die krisant boer, “Om met krisante te boer is op dieselfde tyd moeilik en op dieselfde tyd maklik. Ek sê gewoonlik krisante is soos mense. As ‘n blom gemaklik is sal hy reg groei en blom.”

Een van die belangrikste aspekte van om krisante in kweekhuise te kweek is om die seisoene reg te manupileer. Om dit te doen moet mens goeie kwaliteit gloeilampe hê. Die ligspektrum moet reg wees vir die krisante. Hulle gebruik ‘n tegniek wat “black screening” genoem word waar hulle dit donker maak in die kweekhuise om te verseker dat hulle elke week dieselfde hoeveelheid krisante kan oes.Suid-Afrikaisniedieenigsteplek waar daar met krisante geboer word nie. In lande soos Malasië, Vietnam en Oos-Afrika is die kompetisie hoog en moet hulle uithaal en wys om ook hulle wins te kan maak met die buitelandse markte.

“Niks in hedendaagse krisante is oorspronklik nie. Boere werk elke dag daaraan om nuwe kleure te kweek sodat die publiek daarvan sal hou. Op die oomblik is daar 240 verskillende kleure krisante in die wêreld en 18 daarvan kweek ons hier op Berg en Dal.” sê Pieter. In die winter en tydens skoolvakansies is die vraag na blomme baie laer. Die koue weer maak dit moeilik om die blomme te groei, maar tog lewer Berg en Dal elke dag van die jaar dieselfde hoeveelheid blomme. In die winter verhit hulle die kweekhuis tussen 17°C en 18°C in die aande en in die somer tussen 32°C en 33°C. Krisante se ideale temperatuur is gewoonlik 27°C en 28°C. Krisante begin met stiggies wat in “kompos blokkies” geplant word in tonnels wat gestel is om 100 persent humiditeit te gee. Die tweede week word die humiditeit verminder sodat hulle kan gewoond raak aan die klimaat en omstandighede in die groter kweekhuise. Sodra hulle wortels gemaak het word hulle oorgeplant in die groter kweek- huise. Op tien weke sal die blomme reg wees om te pluk en te verkoop.

“In Suid-Amerika noem hulle krisante ‘begrafnis blomme’ omdat die mense daar uit respek uit so ‘n blom op die oorledene se graf sit. Dit is ‘n ‘alle heilige’ blom in hulle kultuur.” voeg Pieter vriendelik by. Blink Boer wens vir Pieter alle sterkte toe met sy boerdery voorentoe.

AfriForum behaal sukses teen implementering van Tukkies se nuwe taalbeleid

$
0
0

maxresdefault

AfriForum het tussentydse sukses behaal in die regstryd teen die implementering van die Universiteit van Pretoria (UP) se nuwe taal- beleid. Dié beleid wat op 22 Junie 2016 aanvaar is, bepaal dat Engels vanaf 2017 die primêre taal van onderrig aan die instelling sal wees.

Volgens AfriForum is dit ʼn growwe skending van Afrikaanssprekende UP-studente se taalregte en daarom word ʼn hofaansoek uitgereik om die besluit te hersien en tersyde te stel. Vir die nuwe taalbeleid om amptelike status te geniet, sal ʼn wysiging van UP se Institusionele Statuut benodig word, wat deur die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, dr. Blade Nzimande, bekragtig moet word. Gevolglik het AfriForum die minister versoek om die publikasie van die gewysigde statuut terug te hou, hangend die uitkoms van die regsgeding.

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het pas ʼn skriftelikeonderneming gegee dat dit geen wysiging van UP se Statute sal oorweeg alvorens daar nie duidelikheid oor die grondwetlikheid en wettigheid van die nuut aanvaarde taalbeleid van die universiteit is nie. Minis- ter Nzimande verbind hom dus daartoe om geen besluit oor die statuutwysiging te neem tot die hooggeregshof uitspraak in die saak tussen AfriForum, Solidariteit en UP gelewer het nie. Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met taalsake, word die minister se onderneming verwelkom.

“Dit is noodsaaklik dat die nuwe beleid nie geïmplementeer word alvorens die regsaksie daaroor afgehandel is nie. Studente moet sekerheid oor die universiteit se taalaanbod hê voor hulle vir studie in 2017 kan registreer.”

“AfriForum bedank die minister vir sy standpunt wat hierdie reg erken en beskerm, in teenstelling met die universiteitsbestuur wat die taalbeleidwysiging skynbaar probeer deurstoomroller.” Daar wordtansopʼnhofdatumvirdie saak teen UP gewag.

Die Herdenking van die Geboorte van Afrikaans 1875

$
0
0

1550601

Op 14 Augustus 1875 het agt Afrikaners onder leiding van ds. S.J. du Toit in die Paarl die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig. Optwee na was almal onder die ouderdom van 30 jaar en behalwe ds. DuToit, onderwysers of wyn boere. Hulle was almal begeester daarmee om Afrikaans van spreektaal tot skryftaal te verhef.

Diegene wat nie van hierdie grootse ideaal van hulle gehou het nie, het na hulle verwys as ‘daardie jong skoolmeestertjies en Dalse wynboertjies’ wat die gek idee in hulle kop gekry het om ‘n sg. kombuistaal tot skryftaal te verhef. By die stigtingsvergadering en ‘n verdere vergadering op 25 September 1875 is die volgende doelstellings vir die GRA geformuleer om: ʼn Afrikaanse Volkslied te vind en te publiseer, Die Bybel in Afrikaans te vertaal, ʼn Afrikaanse Spraakkuns op te stel en ‘n Afrikaanse Woordeboek saam te stel. Hulle leuse was om te staan vir ons ‘Taal, ons Nasie en ons Land’. Die GRA het vroeg reeds besef dat hulle ‘n geskrewe mondstuk vir die bevordering van hulle ideale benodig en op 18 Januarie 1876 het die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot verskyn. Hierdie blad met sy onverbloemde bevordering ook met die ideaal om te staan vir Taal,  Nasie en Land het ondanks verbete teenstand uit volksgeledere, politici en lojaliste van die Engelse taal tot 1904 voortbestaan. In 1896 het die eerste letterkundige maand- blad ‘Ons Klyntji’ onder redaksie van Ds. S.J. du Toit verskyn met die leuse ‘Klyn begin–Anhouwin’. Die besonderse naam van hierdie maandblad het skerp inslag gevind by die publiek en het binne die eerste jaar reeds 2,700 intekenaars gehad.

Histories beoordeel, kan die vrugte op die arbeid van die GRA gesien word uit die verskyning van die eerste Afrikaanse Almanak 1877, Afrikaanse Kinderboekies 1878, eerste versameling van Afrikaanse Gedigte 1978, die Geskiedenis van die Af- rikaanse taal 1880, die stigting van die Afrikaanse Taalbond 1890, die eerste Afrikaanse Taalkongres 1896, die eerste Afrikaanse Woordeboek 1902 en die hoogste triomf van die GRA se werk die verskyning van die eerste uitgawe van die Bybel in Afrikaans op Maandag 29 Mei 1933.

By vanjaar se herdenking van die stigting van die GRA op 14 Augustus 1875 bied hierdie kort historiese perspektief lig op die verbete stryd wat die GRA in belang van die vestiging van die Afrikaanse taal gevoer het. Ons het dus ‘n dure plig om te veg vir ons moedertaal, spreektaal, skryftaal en kommunikasietaal waarmee ons mekaar liefde betoon, sake doen, opgevoed word en kennisversamel. Belangrikste van alles is dat ons in ons Afrikaanse taal in deemoed en afhanklikheid ons Skepper aanbid en dat ons in ons daaglikse lewe die taal suiwer praat vir die behoud daarvan in ‘n vyandige wêreld.


Grain SA Wins Wheat Tariff Court Case

$
0
0

wheat-field-hd-wallpaper

The Court ruled in favour of Grain SA in Pretoria today in an urgent application urging the Government to publish the new wheat import tariff. The new tariff of R1 591.40 per ton triggered on 24 May 2016 and Government dragged their feet in the pub-lishing thereof until the Court made a ruling today.

The Court instructed SARS to publish the new tariff in the Government Gazette no later than Wednesday 24 August 2016.

“It is a sad day that we need to manage Government through the Courts, but at least this worked for us,” said Jannie de Villiers, CEO of Grain SA. It already took the Government Departments involved 60 working days without a commitment as to when it will be published. Grain SA also lodged an urgent case in April 2016 for exactly the same reasons, but SARS published the tariff on the day of the Court case – 84 working days later.

Trading in the South African wheat market almost came to a halt given all the uncertainties and delays. We need certainty. It is unfortunate that the consumers did not benefit from this delay as the cheaper international prices of wheat were not passed on to the battling consumers by decreasing bread prices.

Grain SA believes that this ruling will assist the whole value chain to bring certainty to the market and give some indication as to some reasonableness in administering these tariffs.

Melk, Lente en die Nuwe Lewe

$
0
0

cow-in-the-field

“Dit is heerlike lente die winter is verby weer nooi berge en klowe vir jou en vir my.” So lui die lirieke van die ou volksliedjie. Ons sintuie word weer opnuut oorlaai met die kunswerk van die Almagtige Vader.

Lente beteken vir ons die nuwe groeifase van plante. Nuwe bloeisels verskyn en lote loop uit. Die lente laat my onwillekeurig dink aan ‘n baba. Soos ons almal weet het ‘n baba melk nodig om te groei. Ons kan die melk van die lewe vergelyk met die Heilige Gees – as ons onsself daarmee voed, gee dit vir ons nuwe lewe. Paulus sê in (1 Kor. 3:1-3): “Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?”

‘n Baba kan homself nie voed nie en is afhanklik van ander. Soos ‘n baba groter word het hy meer as melk nodig – vaste kos om te oorleef. Ons is almal ba- bas in die geloof maar namate ons God se Woord en krag ontdek en in ons lewens toepas, groei ons geestelik. Ons lewe word weer nuut en ons is gereed om geestelik volwasse te word. Hierdie volwassenheid beteken: Ons verhouding met God verdiep, ons oordink geestelike sake, ons kry sekerheid oor geloof en besef God is altyd in beheer.

Ons is nie meer babas wat slegs ingestel is op hul eie behoeftes nie maar ons sien ander se behoeftes raak en voed hulle ook met melk sodat hulle later gereed sal wees om met die Heilige Gees, die vaste voedsel, vervul te word. Mag God se liefde soos ‘n vars lentebriesie oor jou waai van nou af tot in ewigheid.

Ds. Nicky Hattingh NG Kerk Sanddrift

Nog ‘n suksesvolle Boerefees te Hoërskool Wagpos

$
0
0

92d225036d07175dce663de9ce91c2a3

Hoërskool Wagpos is nie net ‘n spogskool wanneer dit kom by akademie en sport nie, maar hulle het ook ‘n suksesvolle boerdery en melk- ery. ‘n Melkery wat daai lekker drink jogurt maak en verskaf. Dan word die Wagpos Boerefees ook nog elke jaar gehou en dit lok duisende mense.

Dit skop al vroeg in die oggend af, wanneer mense langsaam hulle huise verlaat en die koue weer aanpak om ‘n draai te maak by die Boerefees by stalletjies wat alles van kos tot klere verkoop. Die mallemeule is gesog en sorg vir hope pret vir oud en jonk, maar veral vir die jongspan, wat aanhoudend daarop ry. Die trompoppies wat opgetree het en die perde het ook vir groot vermaak gesorg. Wagpos se eie Jeugskou het getoon waarom die Hoërskool Wagpos die beste in sy soort is. Plaaslike talent het deur die dag opgetree en Tjiff en Tjaff het glimlaggies op die kleiner kinders se gesiggies gebring.

Soos die son stadig begin sak het, het almal op die paviljoene bymekaargekom om na die talentvolle Brendan Peyper te luister (en te kyk, veral die vroulike geslag). Met Brendan Peyper se lekker musiek kon die toeskouers heerlik saam laat sing en dans. Meneer en Mevrou Wagpos is ook aangekondig tydens Brendan Peyper se optrede en so kon Wagpos ook met hulle sterk manne en beeldskone dames spog.

Met nog ‘n suksesvolle Boerefees agter die rug het Wagpos weereens bewys waarom hulle die titel as die beste Skool verower het.

Bernard Mostert verower Goud by die ABO Noord-Wes Kampioenskappe

$
0
0

IMG_8639

In die hartjie van die Bosveld by die oral bekende wildsplaas op Assen, Thabaledi, is die ABO (African Bowhunting Organisation) Noord-Wes kampioenskappe gehou. Met twee honderd inskrywings wat in twintig spanne ingedeel is het die verrigtinge om negeuur begin.

Die deelnemers het die warm son trotseer om uiteindelik as ‘n wenner weg te stap. Blink Boer het vir Bernard Mostert by die kompetisie raakgeloop. Nie alleenlik het hy by hierdie kampioenskap goud verower nie, maar het hy reeds by ander ABO kompetisies in 2007, 2010, 2011 en 2012 goud verower. Buiten die ABO kompetisies het hy ook by talle ander kompetisies met goue, silver en brons pryse weggestap. Dit is net om ‘n paar te noem. Hier volg ‘n paar vrae wat ons vir hierdie talentvolle skut gevra het:

Waar het jy jou liefde vir boog- skiet ontwikkel?
Dit het alles begin in 2006. My ouers het nog altyd boog geskiet en op die ouderdom van elf het ek vir die eerste keer boog geskiet. Van daar af het my liefde vir die sport net gegroei.

Wat is die verste wat jy al geskiet het?
Die verste was omtrent 90m (99 yards)

Jy het goud gekry by die kompe- tisie, voel jy daar is nog iets wat jy wil verbeter of is jy tevrede met die uitslae?

Ek is definitief tevrede, maar soos altyd is daar een of twee skote wat ek graag sou wou verbeter.

Watter tipe boog het jy en op hoeveel pond het jy geskiet?

By die kompetisie het ek met ‘n PSE DNA geskiet wat op 60 pond gestel was.

Wat is jou algehele opinie van die kompetisie?
Die baan was nie te moeilik nie, want daar was nie stewige op en af skote nie. Was ‘n gemaklike baan en ek dink oor die algemeen het die mense goed geskiet.

Blink Boer wil graag al die wenners van die dag gelukwens en aan Bernard Mostert sterkte toewens met al die ander kompetisies wat nog op hom wag.

‘n Glasie Melk uniek aan elke melkbeesras

$
0
0

Holstein_heifer

Melk speel ‘n groot rol in ons samelewing. Omtrent alles wat ons eet of drink bevat melk. Kaas, sjokolade, jogurt, koeke, souse en dies meer. Ons het al ‘n prentjie geskep van hoe die ideale melkkoei moet lyk. Op bekende melkerye se logo’s is die reeds bekende koei met die wit en swart lyf en tog is daar soveel ander rasse wat min mense van weet.

Om mee te begin, die koei wat op al die melkbottels verskyn, is bekend as die Holsteinras. Die Holsteins kom oorspronklik vanaf Europa. Vir baie jare is Holsteins geteel en streng uitgedun om te verseker dat hulle die ras is wat die beste gebruik maak van gras. Die Holstein ras is ‘n groot bees wat swart en wit of rooi en wit kleurpatrone het. Holsteins het die hoogste melk-produksie in die wêreld. Hulle pas maklik aan by alle bestuurssisteme. Hulle kan wei of binnemuurs gehou word, maar sal steeds regdeur die jaar melk produksie handhaaf. Hulle het ‘n goeie temperament en kan sonder probleme hanteer word. Hulle stres ook nie gou nie en verkies om in ‘n trop te loop. Dit alles maak van die Holstein die ideale melkbees vir melkboerdery.

Nog ‘n bekende ras is die Jersey, met haar mooi, groot en donker oë. Oorspronklik is die Jersey van die Franse kus afkomstig. Jerseys se melk is ryk aan protëine, minerale en spoorelemente. Hulle het die gawe om by meeste klimate, omgewings en bestuurspraktyke aan te pas. Jerseys is meestal ligbruin van kleur, maar kan ook grys of ‘n dowwe swart kleur hê. ‘n Opregte Jersey het ‘n swart neus omring met ‘n wit kol. Jerseymelk bevat 18% meer proteine, 20% meer kalsium en 25% meet bottervet as die “gewone” melk. Dit maak dus Jerseymelk die lekkerste en mees gesogte melk om te drink en te koop.

Ander melkbeesrasse is die Guernsey en die Ayrshire. Die Guernseyras is geteel vir haar goeie kwaliteit melk. Guernseys produseer ‘n unieke ryk, geelkleurig melk. Die Guernsey is effens temperament- teel, stres nie maklik nie en is nie geirriteerd nie. Guernseys staan bekend vir hulle talent om maklik te kalf. Vandag is die Guernsey se getalle besig om stadig af te neem te wyte aan die populariteit van die Holstein. Hulle is egter nog ‘n baie bekende melkbeesras in lande soos Australië, New Zeeland, Amerika, Kanada, Brittanje en Suid – Afrika.

Die Ayrshireras kom oorspronklik van Skotland. Met die ontwikkelling van hierdie ras was hulle eers bekend as die Dunlop, toe die Cunningham en toe uiteindelik die Ayrshire. Hulle melk word beskou as die “ideale drinkmelk”. Die melk is nie so ryk nie, maar dit bevat baie gesogte vetvrye soliedes in die form van protëine. Daar is nog baie ander minder bekende rasse wat bydra tot die produk wat ons die meeste gebruik. Om elke dag ‘n glasie melk te drink sorg nie net vir sterk bene en tande nie, maar vir ‘n oomblik van pure genot.

Viewing all 117 articles
Browse latest View live