Ons het al in vorige uitgawes die spekboom in besonder bespreek. Met hiérdie maand se uitgawe was die Blink Boer span bevoorreg om spekboom boere in ons geweste te vind naamlik Robby en Stefanie van Tonder.
Hulle is geleë so sewe kilometer buite Brits op die Hartbeespoort Hoekpad en maak deel van die Cradle of Humankind. Hulle het in 1999 die plot gekoop van die vorige eienaars, die Silwer Creek Mountain Band wat in die 70’s en 80’s naam gemaak het in die musiekbedryf. Maar wat Robby en Stefanie glad nie geweet het nie is dat hiérdie eksentrieke en kuns- bewuste groep wel die spekbome voorheen laat plant het.
Om ons lesers kortliks te herinner, die spekboom, wat as die wonderplant van die eeu beskou word, het die bovermoë om nie net gifstowwe, lug besoedeling en koolstofdioksied uit die lug uit te verwyder nie, maar dit tem ook die effekte van aardverwarming, is propvol magnesium en selenium wat dit hoogsgesond maak vir kanker en HIV/VIGS pasiënte maak – en hier kom die groot wonder – een hektaar spekboom kan 4,2 ton koolstofdiok-
sied in die lug reinig en gee 24 uur suurstof af waar ander plante dit net in die aand doen.
Die van Tonders het geen benul gehad dat hulle eintlik hiérdie reuse natuurlike lug reiniger in die vorm van hektare spekboom saam met die plot aangekoop het – dit was vir hulle jare later totaal ‘n verrassing.
Die spekboom is die wêreld se beste lug-reiniger – dit is wetenskaplik gestaaf en bewys. Robby en Stefanie was nog altyd holisties- en gesondheids georiënteerd en was altyd baie bewus van die omgewing en hoe belangrik dit is om ‘n gesonder leefstyl te lewe, vry van negatiwiteit en dit wat die ekosisteem skade aan doen. Maar, dit was eers vier jaar terug op ‘n partytjie na ‘n gesprek met vriende dat dit na vore toe gekom het waarmee hulle eintlik geseënd was. Dit was letterlik asemrowend toe hulle uitvind dat hulle hele erf staan vol van hierdie gekose bome. Dit was toe dat hulle kunsmis begin aankoop en spekbome verkoop het. Hulle verskaf tans spekbome aan die Verenigde Nasies (United Nations [UN]) – wat nogal ‘n prestasie is vir ‘n plaaslike kwekery.
Hulle verskaf ook aan behui-singskomplekse in Johannesburg asook aan Mountain View Spar by Peacanwood, Hartbeespoort. Terwyl reuse maatskappye soos Eskom en Sasol die besoedelings- en aardverwarmigsprobleem probeer oplos met tegnologie, lê die antwoord reg voor ons oë – plant spekbome! Soos Robby en Stefanie van Tonder benadruk in hulle slagspreuk by Spekboom Nur- sery: “Give our children a breathing chance.”
Ons elkeen het ‘n verantwoordelikheid om ekosentries op te tree en ons koolstofvoetspoor te verminder deur aandag aan ons natuurlike omgewing te verleen. Dit is so maklik as om ‘n vierkante meter spekbome in jou erf te plant. Doen iets oor ons toekoms vandag nog – dit lê in ons elkeen se hande.