Quantcast
Channel: Blink Boer
Viewing all 117 articles
Browse latest View live

Gepasteuriseerde melk of nie? Wat is die beste opsie?

$
0
0

RAw-Milk

Melk en melkprodukte verskaf baie noodsaaklike voedingstowwe wat ons liggame nodig het. Ongelukkig berg rou melk gevaarlike mikro-organismes wat ‘n gevaar vir jou en jou familie kan inhou. Volgens ‘n ontleding deur die CDC (Centre of Disease Control), tussen 1993 en 2006, het meer as 1500 mense siek geraak a.g.v die rou melk wat hulle gedrink het asook die produkte wat van rou melk gemaak is.

Die CDC verneem dat ongepasteuriseerde melk 150 keer meer geneig is om voedselverwante siektes te veroorsaak as gepasteuriseerde melk. Die rou ongepasteuriseerde melk huisves gevaarlike bakterieë naamlik Salmonella, E. coli en Listeria wat bekend is daarvoor om voedselverwante siektes te veroorsaak.

Pasteurisasie is die proses waardeur skadelike bakterieë doodgemaak word deur die melk te verhit tot ‘n sekere temperatuur. Die proses haal nie die voedingswaarde uit die melk uit nie. Terwyl pasteurisasie die veiliger opsie is, is daar nogsteeds mense wat glo dat die rou melk beter vir ‘n mens is. Terwyl die meeste gesonde mense sal herstel van ‘n siekte wat veroorsaak word deur skadelike bakterieë in rou melk – of in kos gemaak met rou melk – kan daar met tyd chroniese, ernstige of lewensgevaarlike simptome ontwikkel. Swanger vroue loop ‘n ernstige risiko om siek te word as hulle rou melk inneem. Die bakterie Listeria veroorsaak miskrame, fetale dood, siekte of dood van ‘n pasgebore baba.

Tog het albei vorms van melk goeie voedingstowwe. Een persent van die wêreld se populasie gebruik rou melk in plaas van gepasteuriseerde melk. As ons logies na beide rou melk en gepasteuriseerde melk kyk bevat dit soortgelyke voedingsware vir komponente wat jou liggaam bevoordeel. Jy kry soortgelyke volumes voeding van beide rou en gepasteuriseerde melk. Die keuse lê by jou as jy rou of gepasteuriseerde melk wil drink. Jy moet net besef dat as jy rou melk drink daar ‘n risiko van gesondheidsprobleme kan wees.


Suid-Afrika: Die land van melk en heuning

$
0
0

jordan_county

Vir eeue reeds word melk beskou as die slagaar van lewe vir mense en alle soogdiere omdat dit die eerste voedingsmiddel is waarmee pasgeborenes kennis maak.

Vir geruime tyd is die pasgeborene uitsluitlik afhanklik van moedersmelk en alhoewel suigelinge mettertyd ook vaste voedsel begin gebruik, bly melk steeds by die mens vir res van sy lewe ‘n gesogte, veelsydige en bykans onontbeerlike voedingsmiddel. In Exodus 33:3 word daarvan melding gemaak dat God reeds ongeveer 2000 v.C. via Moses aan sy uitverkore volk Israel belowe het dat Hy hulle sal lei na ’n land ‘wat oor- loop van melk en heuning’.(Kanaän)

Danksy die genade van ons Hemelse Vader het ons die voorreg om in ons wonderlike land Suid Afrika met oorvloed van melk te woon. Ons bekwame melkboere sorg daarvoor
dat ons elke dag vrylik en onbeperk hierdie wonderlike voedingsmiddel met sy sekondêre produkte nl. room, langlewemelk, poeiermelk, kaas, jogurt, karringmelk en gegeurde melk kan ge- bruik. Die belangrike voedingswaarde van melk lê daarin dat een liter melk 1,25g kalsium, 0,1g magnesium, 0,5g natrium, 1,25g kalium, 0,9g fosfor, 2g sitroensuur, 0,1g chloried, 0,3mg yster, 0,5mg aluminium en 0,1mg koper bevat. Ander spoorelemente wat dit ook bevat, is onder meer die volgende vitamines: 0,3mg Vit. A, 0,4mg Vit. B, 1,5mg Vit B2, 20mg Vit C en 30mg Vit D. Vet kom as ‘n emulsie voor terwyl laktose, albumien en globulien as ‘n oplossing in die waterfase voorkom.

Indien na melkboerdery in Suid Afrika binne die konteks van internasionale melkboerdery gekyk word, kom die volgende interessante feite na vore: ‘n Geraamde 1 biljoen mense bly wêreldwyd op 145 miljoen melkplase waarvan die meeste klein plase in Indië is, nl. 78 miljoen. Die enigste lande wat gemiddeld meer as 100 koeie per boerdery het, is Saudi Arabië, Nieu Zeeland, Australië, V.S.A., Suid Afrika, Engeland, Denemarke, Argentinië, Israel, Tjeggiese Republiek en Siprus. Suid Afrika is dus die enigste Afrikaland wat hierdie onderskeiding te beurt val. Ons melkboere het ondanks verskeie heersende beperkende faktore ook die vermoë om produksiegroei te toon vanaf 1,6% in 2015 tot 3,5% in April 2016.

Ook het al die sekondêre produkte in S.A ‘n groeitendens openbaar behalwe in die geval van botter wat van 5% tot 4,3% verminder het. Die kwaliteit en prestasie van ons melkboere word gemanifesteer deur die wyse waarop hulle daarin slaag om ‘n lang reeks beperkende faktore die hoof te bied en te oorkom. Ons let graag op ‘n paar van die faktore waarmee hulle rekening moet hou. Die regering se beleid van grondhervorming en onteiening bly ‘n swaard oor die hoofde van boere in Suid Afrika. Dit skep onsekerheid by melkboere vir hulle toekoms na die investering van miljoene Rand in die aankoop van plase, die vestiging van in- frastruktuur in die vorm van geboue en toerusting asook die aankoop van koeie waarvan die prys tans basies meer as R5,000 per koei is (Fries, Ayrshire, Guernsey en Jersey, wat gemiddeld 19l per koei per dag lewer). Die lang- durige, heersende droogte en die swak Rand/Dollarwaarde het ‘n drastiese toename in die prys van voerrantsoene soos byvoorbeeld mielies en sojabone meegebring.

Ook die styging in die dieselprys het die produksiekoste van voeraanplantings en die vervoerkoste van melk in tenkwaens vanaf die platteland na stedelike sentra verder verhoog. Melk- boere staan tans magteloos teenoor regeringsbepalings van minimum arbeiderslone en behuisingsvoorskrifte terwyl krag- en watertariewe ook jaar- liks verhoog word. Hulle is verder ook onderworpe aan streng wetlike voor- skrifte ten opsigte van die handhawing van higiëniese standaarde in die verskil- lende fasette van roetine melkprose- dures. Maatreëls t.o.v. die reiniging van stalle en ontsmetting van toerusting asook die voorkoming van siektes soos tuberkulose, brucellose en mastitis deur teenmaatreëls nl. pasteurisasie, sterilisasie en homogenisasie, lei tot verhoging van verdere produksiekostes.

Ondanks die briljante prestasies van ons melkboere drink hulle grootliks ekonomies aan die agterste speen t.o.v. vergoeding vir hulle insette. Terwyl hulle magteloos staan teen kostes buite hulle beheer toon die jongste statistieke van die Melkprodusente Or- ganisasie (MPO) dat die gaping tussen die pryswatdiemelkboervandiehandelaar ontvang vanaf R5.44 per liter in 2010 tot R8.20 per liter in April 2016 gestyg het. Die afgelope twee maande het dit verder gestygenverbruikerswattansdiestyging ervaar, is oor die algemeen geskok deur die drastiese toename in beide gepasteuriseerde melk en langlewe melk (boksmelk). Wat veral ontstellend is, is die feit dat daar klaarblyklik grootskaalse prysmanipulasie deurhandelaarstoegepasword. Pryse word na willekeur op en af geskuif terwyl die verbruiker uit hoofde van die onontbeerlikheid van melk verplig is om vir onbillike winsneming te betaal sonder dat die melkboer enige voordeel daaruit trek.

Dit het tyd geword dat verbruikers begin om hulle hierteen te verset en by handelaars beswaar aanteken in hulle eie belang en ook in belang van melkboere. Blink boer sê hoera vir ons dapper blink melkboere wat ondanks beperkende faktore in staat is om ‘n bevolking van 55 miljoen mense van voldoendemelktevoorsien. Laatons almal wat melk gebruik elke keer nadat ons melk in ons koffie en tee gegooi het en die koppie lig om te drink, ‘n heildronk drink op die melkboere van Suid Afrika. As jy snags wakker lê oor diemelkprysewattehoogis,drink‘n lekker glas warm melk met ‘n knertsie heuning daarin en gaan slaap rustig!

Joe Foster ‘n dag in ‘n Boer se skoene

$
0
0

IMG-20160728-WA0002

Op die Hoërskool Wagpos se plaas waar die fotosessie gehou is, het Joe Foster homself gate uit geniet. Was dit nie waar hy probeer om vriende te maak met ‘n kalfie nie dan het hy probeer hooi skep met ‘n vurk. Tussen die melkkoeie het Joe spesiaal moeite gedoen met sy kleredrag om in te pas by die plaasfotosessie.

Hoor jy die naam Joe Foster dan dink jy dadelik aan die liedjies “Pad na jou hart” en “Mona Lisa”, maar daar is soveel meer aan hierdie liedjieskrywer en sanger as net mooi woorde en goeie mus- iek. Joe is ‘n man met ‘n groot hart wat oral waar hy homself bevind ‘n verskil wil maak. Om ander mense te help is een van sy grootste doelwitte in die lewe. Joe en sy goeie vriend en mede kunstenaar, Johan C Venter, het onlangs ‘n duet saam vrygestel wat behoorlik opslae maak. Joe het met Blink Boer gesels om meer van homself te vertel.

Jy het saam met Johan C Venter ‘n duet gedoen met die naam “Hoe moes ek weet”. As jy weer ‘n duet saam met iemand doen, wie sal dit wees?

Dit sal definitief saam met Nianell wees. Ons was saam op toer in Australië en ons het ‘n goeie konneksie gehad. ‘n Konneksie wat nodig is om goeie musiek te maak. Sy is iemand wat jou op jou gemak maak.

Was musiek nog altyd jou passie? Wou jy as kind nie iets anders gedoen het nie? Wat as jy vals gesing het?

Ek het op agt jaar al klavier begin speel en op die ouderdom van dertien het ek besef dat ek musiek wil maak. As ek nie kon sing nie sou ek definitief iets kreatiefs gedoen het soos grafiese ontwerp of om ‘n fotograaf te wees.

Wat is die snaakste of verbasendste ding wat iemand al by jou optredes gedoen het?

Ek sal nie sê dat daar al iets buitenge- woon gebeur het nie. Wat ek wel baie kry is dat ek op snaakse plekke op mense se liggame moet teken. Ek moes al een keer op iemand se boud teken.

Het jy sekere gewoontes wat jy voor en na ‘n vertoning doen?

Voor die tyd loop ek baie op en af en dink aan alles wat ek gaan sê. Na die tyd het ek so baie adrenalien en moet ek iets doen om ontslae te raak daarvan.

Is daar al ‘n nuwe album in die pyplyn?
Op die oomblik het ek baie ander projekte waarmee ek besig is. Ek wil meer duette doen en ‘n gospelalbum uitbring, maar binne die volgende jaar en ‘n half sal daar ‘n nuwe album wees.

Wat is die betekenis van die tattoo op jou rug?

Op skool was ek baie geboelie en Jesus was nog altyd die enigste een wat my kon oordeel en nie ander mense nie. Almal het die reg tot ‘n opinie, maar die tattoo is ‘n bewys dat niemand behalwe God se opinie vir my saak maak nie.

As jy hoor “Brits, Noord-Wes” wat dink jy?

Ek dink eerste aan Hartbeespoortdam. Het nog nooit iets sleg van Brits gehoor nie en die omgewing, veral die berge, is vir my baie mooi.

Vir Joe voel dit of al sy drome al waar geword het en nog steeds het hy so baie drome wat hy aan werk om dit te bewaarheid. Hy wil sy roeping tot die beste van sy vermoë uitleef.
Joe is nog steeds enkellopend, maar wees gerus, want hierdie hartebreker is nog opsoek na sy droomvrou.
En die plaaslewe?
“Ek kan myself sien as ‘n boer. Sal dit elke dag wil doen.” het hy laggend vertel.

Baie dankie aan Beeetroot @ Santai, Die Hoërskool Wagpos en Maryke Fotografie vir julle bydrae in die dag se verrigtinge.

Graan SA vier Landbouontwikkeling

$
0
0

smallholder-farmer-of-the-year

Graan SA het die suksesse van sy landbouontwikkelingsprogram op 22 September in Bloemfontein gevier tydens ‘n vreugdevolle gebeurtenis. Die funksie, wat bygewoon is deur meer as 250 gaste het verteenwoordigers van die regering, landbou belanghebbendes en ongeveer 160 opkomende graanprodusente ingesluit. Bestaande uit drie kategorieë, vereer die Dag van Feesviering Bestaansboere, Kleinskaalboere en Nuwe Era Kommersiële boere en hul bydrae tot die land se voedselsekuriteit. Met so baie sukses stories, gee hierdie dag Graan SA die geleentheid om landbouontwikkeling te vier, uitnemendheid in die veld te erken en transformasie in graanproduksie te vier.Die 2016 Graan SA/ABSA Bestaansboere Boer van die Jaar is toegeken aan Mzwayi Dawid Zuma van Estcourt, KwaZulu-Natal. Hierdie saggeaarde Oupa en hardwerkende boer het sy mielie-oes aansienlik gegroei na hy by die Graan SA mentorprogram ingeskakel het.

Met verhoogde produksie en meganisasie, het hierdie man- en vrou span toegang tot 10ha bewerkbare kommunale grond wat gebruik word vir die aanplant van mielies en soja. Ten spyte van die droogte hierdie seisoen, het hul 8 ha met die hand geplant en 22ha mielies geoes. Met ‘n nuwe mieliedorsmasjien – wat deel uitmaak van ‘n inisiatief van Graan SA, die regering en Agri besighede wat magte kragte saamgesnoer het om opbrengste op kommunale grond te verhoog – het die Zuma’s nou ‘n meer produktiewe manier om die mielies geoes te kry. Die ander finaliste in hierdie kategorie was Delisile Nkosi van Sheepmoor in Mpumalanga en Isaac Hltshwayo van Piet Retief in KwaZulu-Natal.

Potjiekos kompetisie op Erfenisdag te NG Kerk Sanddrift

$
0
0

Op die 24ste September het die NG Kerk Sanddrift ‘n potjiekos kompetisie gehad. Die spangees was uitstekend en die mense was oor die algemeen gelukkig en opgewonde om aan die dag se aktiwiteite deel te neem. Wat die dag interessant gemaak het was dat daar so ‘n groot verskeidenheid  potjies was om van te proe.

wenner-van-die-potjiekos-ben-burger-van-klipkop-wyk-beste-tema-pot-en-spangees img_20160924_131551

Daar was ‘n pesto-potjie, ‘n seekos-potjie, ‘n hoender-potjie, ‘n kerrie-potjie, ‘n wilds-potjie, ‘n bees-potjie en ‘n skaap-potjie. Almal se potjies het uit die boonste rakke geproe. Dit was oorspronklik en mens kon sien dat almal baie inisiatief gehad het. Die algemene wenner van die dag was Ben Burger van Klipkop Wyk.

Daar was ook ‘n veiling gewees, saam met die potjiekos verrigtinge, wat as ‘n reuse sukses uitgedraai het. Die NG Kerk Sanddrift wil graag almal bedank vir hulle bydrae en ondersteuning. Hulle hoop dat volgende jaar net so ‘n sukses sal wees soos hierdie jaar.

Landini Brits loop daai ekstra myl vir hulle kliënte

$
0
0

Drie punt sewe kilometer op die Thabazimbi pad buite Brits sit ‘n bekende handelsmerk, Landini, wat al vir sewe jaar ‘n uitstekende diens aan die publiek verskaf. Bart, Harry en Natasia is die vriendelike gesigte wat ‘n mens groet as jy by hulle deure instap. Goeie diens is hulle eerste verantwoordelikheid. Hulle het nog ‘n tak in Tarlton wat al vanaf 2005 daar is. Hulle is ‘n familie besigheid en Bart het die plek van die grond af gebou tot die suksesvolle plek wat dit nou is.

img-20161019-wa005 img-20161019-wa003

Landini Brits lewer ‘n diens aan die boere. Hulle verkoop nuwe implemente, onderdele van enige soort trekker, diens enige soort trekker en impliment in hulle werkswinkel en verkoop ook splinternuwe Landini trekkers. Daar is nie ‘n twyfel dat Landini ‘n baie bekende en goeie trekker is nie. Meeste van die boere in ons omgewing ry ‘n Landini. Saam met die dinge wat hulle by hulle werkswinkel doen het hulle ook drie bakkies wat op die veld werk en ‘n diens lewer vir die boer op sy plaas. Landini Brits verkoop ‘n baie goeie produk.  “Ons streef daarna om die boer gelukkig te hou.” vertel Natasia.

Hulle is handelaars vir Landini trekkers, PPI implimente asook Valcon produkte, om net ‘n paar te noem. “Ons wil net graag dankie sê vir al die boere. Ons kry baie goeie ondersteuning van julle kant af. Ons probeer altyd ons bes om die beste vir ons kliënte te gee en om daai laaste myl te loop.” sê Bart.Besoek vandag nog hierdie wonderlike mense vir die beste diens in Brits. Hulle is oop van Maandae tot Vrydae vanaf 07:15 – 17:00 en op Saterdae 08:00 – 12.00.

Die oorsprong van Suid-Afrikaanse kookkuns

$
0
0

Suid-Afrika het ‘n groot verskeidenheid van kosse wat hulle oorsprong gekry het van verskillende kulture. Net so het elke provinsie ook sy eie eetgewoontes en disse wat eie is aan elke groep mense in ons land. Natal staan bekend vir hulle kerrie disse en die Kaap vir die seekos disse. Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap aangekom het, het die setlaars ‘n behoefte gehad vir kos. Hulle moes vir die besoekende skepe voedsel aanbied voordat hulle weer verder op reis gaan. So het die Duitsers met groente en vrugte begin boer en vee aangehou vir vleis. Die Duitsers het op so ‘n manier ‘n rol gespeel in ons kookkuns omdat hulle rys, ligte speserye (soos kaneel) en die diepvetbraai tegniek (vir ons om vetkoeke te maak) aan ons voorgestel het. ‘n Oral bekende gunstelling, frikadelle, kom oorspronklik van Duitsland af. Met tyd het Suid-Afrikaanse kookkuns ‘n mengsel van Oosters en Westerse kos geword. Slawe was ingevoer van Java en Indonesië in 1667. Kaap Malay slawe, wat uitstekende kokke was, het eksotiese geure na voorskyn gebring soos bv. masalas en bobotie.

voortrekkers1

Franse Hugenote het in ons land geariveer tussen 1688 en 1690. Hulle belangrikste invloed was dat hulle wingerde geplant het en sodoende aanstoot gegee het om wyn te maak in die Kaap. Hulle het ook konfyte en ander gebottelde produkte gemaak en het wyn in hulle kook en bak tegnieke gebruik.

Die Duitsers en Franse Immigrante het naderhand ‘n nasie van hulle eie begin, die Afrikaners. Party het boere geword en op hulle plase gebly en ‘n lewe gemaak deur vrugte en graan boerdery. Ander het met vee geboer en moes rond trek vir meer weiding en het die naam “Trekboere” gekry. Ossewaens en perde was hulle enigste vervoermiddel. Om te oorleef moes die Voortrekkers jag en die vleis op die vuur braai om dit gaar te kry. So is die oorsprong van braaivleis. Die Voortrekkers het met tyd in kontak gekom met swart stamme wat hulle voorgestel het aan pap. Snaaks genoeg, mense van die Kaap verkies eerder ‘n braai broodjie saam met hulle vleis en die klomp van die Natal, Transvaal en die Vrystaat eet pap saam met hulle braaivleis. So het pap ‘n tradisie geword wanneer daar gebraai word. Omdat die Voortrekkers nie baie potte en panne kon vervoer nie moes baie van hulle maaltye in een pot gaar gemaak word, wat vandag ook bekend staan as “potjiekos”.

Die tannies het ook beskuit en brood gebak wat so eie is aan die Afrikaanse tradisie. Die vleis het hulle ook gedroog en gesout om langer te hou op die pad en siedaar, vandag het ons biltong. Die Voortrekkers het in die Transvaal en Vrystaat weer begin boer en het saam met hulle reeds nuwe tradisionele kos die kos wat in die Kaap geëet word gemaak.

Heelwat later het die Britse en Indiërs Suid-Afrika toe gekom. In 1820 het die eerste Britse setlaars in Suid-Afrika aangekom en die Engelse kookkuns oorgebring. In die middel 1800’s het die suikerriet plantasies in Natal begin. Indiërs was ingevoer as slawe om op die plantasies te werk en die liefde wat hulle het vir warm en kerrie kosse oorgebring wat nou deel maak van ons daaglikse kookkuns.

Soos jy kan sien, Suid-Afrika het ‘n ryk erfenis van kulinêre gebruike en resepte wat van diverse oorspronge afkomstig is.

Die oorsprong van die Voortrekkers

$
0
0

n Groot hoeveelheid inwoners van Suid-Afrika is afkomstig van die Franse Hugenote. Meeste het oorspronklik in die Kaap aangekom, maar het ontwikkel tot die Afrikaner oor hulle godsdienstige ooreenkomste teenoor die Duitse setlaars. Nog voordat die grootskaalse Franse Hugenote in die Kaap kolonie aangekom het in die 17de eeu, het ‘n klein hoeveelheid individuele Franse Hugenoot vlugtelinge reeds ‘n woning in Suid-Afrika gehad. Hulle was die Villions (nou beter bekend as Viljoen) en die du Toits. Op 31 Desember 1687 het ‘n groep Franse Hugenote vanaf Frankryk af geseil tot by die Kaap van Goeie Hoop. In totaal het 180 Franse Hugenote vanaf Frankryk, Suid-Afrika as hulle nuwe woning ingerig.

die-oor

Die Franse Hugenote het ‘n invloed gehad op die Duitse Setlaars. Hulle het landbou grond gekry tussen die Duitsers se plase. Die Duitse Oos Indiese Kompanje het in 1701 skole opgerig wat in Duits aangebied was sodat enige offisiële korespondensie in Duits kon plaasvind. So het Frans as ‘n huistaal uitgesterf en het die Duitsers en Franse met mekaar begin trou. ‘n Groot monument was opgerig, op 17 April 1948, ter ere van die Franse Hugenote in Suid-Afrika. ‘n Museum, wat die geskiedenis van die Franse Hugenote verduidelik, was naby die monument gebou.

Die Franse Hugenote is voorvaders van die Voortrekkers. Hier is ‘n paar vanne van die Voortrekker families: Aucamp, Boshof, Cilliers, de Klerk, Fourie, Jordaan, Joubert, Minnaar, Nel, Pienaar, Rossouw, Viljoen. Om net ‘n paar te noem. Daar is baie families, vandag meestal Afrikaans sprekend, wie se vanne hulle Franse Hugenoot afkoms kan bevestig. ‘n Lys van hierdie vanne kan in die Johannesburg Botaniese Tuin gesien word teen die Franse Hugenoot Monument.


Franse Kookkuns: Die Beste In Die Wêreld

$
0
0

Die Franse speel ‘n groot rol in ons hedendaagse eetgewoontes. Wat die Franse anders maak as die res van die wêreld is dat hulle nog vashou aan hulle tradisionele eetgewoontes en disse. Daar is ‘n rede hoekom hulle bekend staan vir die beste in die wêreld as dit kom by kos.  Met die Atlantiese Oseaan aan die Weste, die Alpe in die Noorde, groot oop vlaktes in die Ooste en ‘n klimaat perfek vir groente boerdery in die Suide, maak dat Frankryk ‘n land is met ‘n klimaat en biome vir ‘n groot verskeidenheid kultivars.

sky-panorama-views-of-paris-vitalmag7

Frankryk is nogsteeds ‘n land wat eet as ‘n plesier sien en nie as net nog ‘n geleentheid om vir jou liggaam te gee wat dit nodig het om deur die dag te kom nie. Tussen die botter souse en die kunsstige disse is dit maklik om te verstaan hoekom ander lande jaloers is op die Franse se kookkuns. Tog is dit nie die kos wat hulle maak wat so spesiaal is nie, maar die manier wat hulle dink oor hulle kookkuns. Daar is baie eetgewoontes wat ons by die Franse kan leer asook redes wat bewys dat hulle wel – soos statistieke wys – die beste is in die kombuis.

Die Franse het nog altyd by drie maaltye ‘n dag gehou en glo nie daarin om tussen maaltye te peusel nie. Skool kinders sal wel ‘n vrug tydens pouses eet. Vir hulle is dit heeltemal normaal om honger te raak tussen maaltye, want volgens hulle tradisie eet hulle net wanneer dit in ‘n vaste etenstyd val. Middagete is die belangrikste maaltyd van die dag.  Etenstyd is ‘n twee uur lange aktiwiteit. Nie ‘n 15 minute rustyd voor jou rekenaar nie. Jy moet aan ‘n tafel saam met goeie geselskap sit en eet en ‘n glas wyn saam met die ete geniet. As jy nie wyn verkies nie is water die tweede opsie. In Frankryk word jy as vreemd, hartseer en selfs ongeskik gesien as jy nie saam aan tafel eet nie. Wegneemetes is nie populêr in Frankryk nie a.g.v die traditionele etenstye en om aan tafel te sit en eet. Die Franse eet kleiner porsies as dié in Amerika, wat die reuse porsies wat in hulle borde gesit word opeet. Dit is die groot rede hoekom Frankryk nie sukkel met mense wat oorgewig is en vetsug het nie. Hulle eetgewoontes is bonatuurlik gesond en iets waarna ‘n mens moet na strewe om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.

Hier is nog ‘n paar redes hoekom die Franse beter is met kos:

•  Frankryk het vir die wêreld sjampanje en heerlike wyn gegee.

• Hulle eet sjokolade croissants vir ontbyt.

• Botter is amper vir hulle meer belangrik as water, want al hulle disse                                              bevat botter.

• Frankryk maak om en by 350 tot 400 verskillende tipe kaas.

• Daar is ‘n rede hoekom meeste terme in ‘n kombuis ‘n Franse naam het.

• Hulle Nutella bottels is groter as ons s’n.

• Hulle reguleer hulle kos strenger as hulle visas.

Al hoe meer rede hoekom ons meer en meer soos die Franse moet eet.

‘n Jubel jaar in 2017 voorspel goeie reën

$
0
0

In 1973 het ons land ‘n groot droogte ervaar. Dit is omdat ons in die sewe jaar geval het waar die aarde in moet rus. Elke sewe jaar ondervind ons iets wat ons ‘n rus jaar noem. Dan ervaar ons droogte. Dit is waar ons onsself nou betref. Dan is daar ook ‘n gebeurtenis van 49 jaar wat dan die Jubel jaar genoem word. In die Jubel jaar ondervind ons baie goeie reën.

img-20161020-wa000

In die jare 1978 – 1986 was die Hartbeespoortdam leeg gewees. As jy die tyd uitwerk vanaf 1986 tot en met nou dan is volgende jaar ‘n Jubel jaar en kan ons met sekerheid weet dat goeie reën oppad is. Wat hierdie jaar, en ook Oktober maand, besonders maak is dat ons die helderste jaar gehad het in die afgelope 49 jaar. Op die 14de Oktober het ons ‘n “Super Maan” beleef, waar die maan op sy helderste was. Wat die helderheid veroorsaak het is dat die maan bokant Saturnus gewentel het en omdat Venus so naby aan die aarde was hierdie maand het altwee planete, asook die son, op die maan geskyn, in die planete se geval weerkaats, en veroorsaak dat die maan helderder as gewoonlik lyk.

Die Jubel jaar en Sewe jaar van rus het nie net ‘n invloed op die maan en die reën nie, maar ook op die ekonomie van die wêreld. As jy dieper gaan navorsing doen oor die sewe jaar siklus sal jy sien dat elke sewende jaar die ekonomie ‘n knou vat. In 1973 was die olie krisis, in 1980 het ‘n groot resessie begin, in 1987 het die aandele mark inmekaar geval, en so kan ‘n mens aangaan.

Die regte Marie beskuit

$
0
0

Wanneer ‘n persoon ‘n eg Afrikaanse gebakte produk moet opnoem kom beskuit eerste vorendag. ‘n Beskuitjie elke oggend saam met ‘n lekker koppie boeretroos kan enige morbiede dag verander in een waar die son skyn en die voëltjies heeltyd vir jou sing. Beskuit kom al van Jan van Riebeeck se dae af en die handelsmerk “Ouma se Beskuit” is alombekend. Dit is mos net ‘n ouma wat beskuit daai iets ekstra gee wat dit moeilik maak om nie vir ‘n ekstra beskuitjie te vra nie.

img-20161017-wa007 img-20161017-wa006

Marie Botha is ‘n gesoute inwoner van Brits wat beskuit, brood en koekies bak wat mens se mond behoorlik laat water. Van jongs af het haar ma haar stadig begin touwys maak van hoe om te bak, maar toe sy eers getrou het, het sy meer ernstig geraak oor die hele bak storie en het sy haarself leer bak.

“Ek kan nie regtig kos maak nie. Dit is nie iets waarvan ek hou nie. Kos maak is nie vir my nie.” vertel Marie laggend, “Maar ek hou baie daarvan om te bak, groente te bewerk en in te lê en konfyte te maak.”

Met haar regterhand, Emelda, en haar kleindogter, Simoné (wat dink haar ouma se gebak is die beste in die land), is daar niks wat hierdie bakster nie kan optower in ‘n oond nie.Gesondheids, All Brann, gewone boerebeskuit, kondensmelk, anaïs en mueslie beskuit is net ‘n paar van die soorte beskuit wat Marie kan maak. Haar beskuit is beskikbaar net op bestelling en word verkoop teen ‘n goedkoop prys van R70 per/kilogram vir enige tipe beskuit. Saam met die gebakkery doen Marie ook naaldwerk en brei sy speelgoed wat Hantie Lourens in haar winkel “Halo Geskenkwinkel” , wat die 10de Oktober oopgemaak het, verkoop.

Marie is deur en deur ‘n vrou van vele talente. Dit is vrouens soos sy wat die naam gee aan Ouma se Beskuit. Kontak haar gerus vir enige bestel-lings by 012 252 1596.

Dankie Here vir die heerlike reën!

$
0
0

Vir die afgelope twee jaar het ons land die reën so brood nodig gehad. Menigmale het die weer belowend gelyk, maar dit was tevergeefs. Nie genoeg om die droogte te klop nie. As ‘n nasie het ons saam gestaan en op ons knieë gesmeek en gepleit vir ons Hemelse Vader om vir ons net genoeg te stuur sodat ons kan oorleef. Hy het voorsien en het die wolke opdrag gegee om ons te seën met water uit die Hemel. Dankie, Heer, dat U altyd voorsien wanneer ons dit die meeste nodig het. U leer ons elke dag om saam as ‘n eenheid op U te vertrou sonder twyfel, want ons almal dien ‘n Almagtige Vader.

rain-water

Pluk jou eie aarbeie by Tangaroa aarbeiplaas

$
0
0

Wie sou kon raai dat ‘n aarbei so ‘n lekker vrug kan wees? Tangaroa het nie net lekker aarbeie nie, maar hulle het ook ander fasiliteite om te gaan besoek. Daar is ‘n plekkie waar jy kan piekniek hou, daar is gastekamers wat gehuur kan word om te oornag, hulle dien ook as ‘n venue vir troues en het ook ‘n kapel. Voel ook vry om hulle te besoek om die varsste aarbeie te gaan pluk teen ‘n bekostigbare prys. Organiese aarbeie is die varsste aarbeie omdat dit nie nodig is om hulle af te spoel soos enige ander aarbei nie.Tangaroa Aarbeiplaas is nie net ‘n aarbeiplaas nie, maar is ook ‘n restaurant en ‘n spa.

20160919_093609 20160919_100808

Die restaurant het ‘n agt gang maaltyd en met elke gereg word ‘n glas wyn of sjerrie bedien. Dit is die perfekte plek vir ‘n vinnige wegbreuk. Hier by Tangaroa Aarbeiplaas is die heerlikste en smaakvolste aarbeie wat ‘n mens kan van droom. Hierdie lieflike plaas sal jy vind in Skeerpoort net voor die vulstasie. Kyk uit vir die bord met die plaas se naam op.

Kompetisie tyd!

Wat is die vrug wat sy sade aan die buitekant dra? Stuur jou antwoord na 

info@tangaroa.co.za.

Dit was ‘n plesier om ‘n besoek te kon aflê by Tangaroa Aarbeiplaas. Probeer gerus hulle aarbei kaaskoek en melkskommel as jy ‘n draai daar gaan maak. Dié twee is wenners!

Boerekommando vang verdagtes na plaasaanval op Atlanta

$
0
0

6 Maart 21.00

Mnr. Kobus van Zyl was aangeval op sy plaas deur twee verdagtes tussen Beestekraal en Atlanta. Die verdagtes het verskeie items soos 3 jag gewere, ‘n pistool en huis inhoud op die boer se bakkie gelaai en weggejaag. Boere van Atlanta het die verdagtes agterna gesit,en lede van KGBG het gehelp met pad- versperrings waar verdagtes verby Beestekraal gestop is. 1 verdagte is gearesteer en 1  verdagte het op vlug geslaan.Ek wil graag ‘n groot bedan-king uitruik aan al die KGBG lede en spoorsnyers wat tot in die vroeë oggendure gehelp het. Welgedaan aan die Atlanta boere en SAP Assen. ‘n Spesiale bedanking aan Nico Jacobs wat sy hellikopter beskikbaar gestel het met die soektog na die 2de verdagte. Kobus van Zyl het geringe beserings opgedoen en die voertuig met goedere is terug gekry. Bevestiging of al die vuurwapens terug gevind is a.g.v forensiese ondersoeke moet nog plaasvind.

Bakkie en goedere teruggevind nadat die gemeenskap gereageer het op die noodroep – ons sê baie dankie vir elkeen wat gehelp het.

Nasie in gesprek praat vrymoedig oor die ware effek van grondonteiening sonder kompensasie

$
0
0

Om duidelik en vrymoedig te praat was die tema toe Nasie in Gesprek gister, 16 Mei 2017, by die Nampo Oesdag afgeskop het met Bruce Whitfield van 70 2/ Cape Talk se The Money Show wat die aanbieder van die eerste sessie was waar Die Ware Effek van Grondonteiening Sonder Kompensasie bespreek was met gaste soos Senwes
Groep HUB Francois Strydom; Pierre Venter (BASA); Agbiz HUB John Purchase sowel as Mpumelelo Mkhabela (Ntambose Konsult). Mpumelelo het die agtergrond geskep vir hierdie baie emosionele kwessie deur te sê dat die “regering het gefaal.” “ʼn Teiken van 30% land was in 1994 vir herverdeling daar-gestel, wat nou nog nie bereik is nie. Nou word baie emosionele uitlatings gemaak, soos heverdeling sonder kompensasie, ens. Die uiteinde is dat ons moet teruggaan na wat voor 1994 gebeur het om die gees van versoening weer vas te vang en dan met die bespreking voort te gaan.”

Bruce het aan Francois gevra hoe angstig landboubesighede is oor die politiese implikasie van grondonteienings. “Landboubesighede moet by hulle besigheidsbeginsels hou. Op
daardie manier bly hulle suksesvol en sodoende, by implikasie, sal swartbemagtiging deel van hierdie besigheidsbeginsel van sukses wees. Ek glo dat elke besigheidsektor oop
is vir vennootskappe, maar dit is die politieke diere wie verdeling skep.” John het sy gewig by die gesprek gegooi deur te sê dat Agbiz was “baie betrokke by die debat met die
departement van grondhervorming, maar die probleem van grondhervorming is dat die regering nie suksesvol was nie, ons erken dat grondhervorming iets is wat moet gebeur, maar ons moet kyk hoe dit geïmplementeer word en wat die uiteindelike doelwit daarvan
is.” Bruce het daarna dit aan Pierre Venter gestel dat “grondonteiening sonder kompensasie sal die banksektor negatief beïnvloed.”

“Die landbousektor is nagenoeg R145 miljard in die skuld en indien plase sonder kompensasie weggeneem word dink ek die impak is voor die handliggend, ek dink dat die banke sal dit wel kan oorleef. Maar SA Inc. sal ʼn ineenstorting beleef en voedselsekuriteit sal daal,” het Pierre gesê. Bruce het daarna die punt gemaak dat “die man op straat gee nie ʼn flenter om nie, totdat daar geen voedsel op die tafel is nie.” Mpumelelo sê dat daar “’n Verbintenis van kommersiële produsente is om saam met swart produsente te werk, maar ons moet die vaardigheidsrevolusie aan die rol sit sodat al faal wetgewings ons kan mense nog steeds dinge buite bystand van die regering doen. ʼn Goeie vaardigheidsrevolusie
kan hier die effek versag indien wetgewing nie die mas opkom nie.” Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV,
Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die
volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.


Article 1

Article 0

Viewing all 117 articles
Browse latest View live