Bulls Sportsbar is nie net ‘n lekker kuier plek waar jy kan ontspan met ‘n koue bier nie. Ja, jy kan ook ‘sakaboela’ tot die son opkom en seker die mooiste meisies ‘eye’. Maar hier kom die toppunt: jy kan jou motor knaps laat was en soos ‘n spinternuwe ryding laat glans – en dit alles terwyl jy nog lekker kan kuier.
En, daar is nog – jy kan groot wen! So vertel Klaradyn van der Watt wat ‘n gratis motorwas gewen het. “Van dat die besigheid onder nuwe bes4tuur is het alles verbeter,” vertel sy. Die karwas koste is ook hoogs bilik en “die kwaliteit van werk kom naby aan perfeksionimse,” voeg sy by.
Die atmosfeer is ook een van veiligheid en gerustheid. Die staf is ook vriendelik en behulpsaam, en die diens puik. Die kos is heerlik. Waar anders gaan jy ‘n lekker koue bier geniet terwyl jou kar gewas word? “Dit kan mos net ‘n wen-wen wees,” bevestig sy.