Ons kom aan die einde van Maart, April is oppad en die lieflikste kosmos blomme blom die wêreld vol in ons natuurskoon geweste. Dit beteken net een ding, wanneer die kosmos blomblaar uitsteek dan is dit die begin van seisoenverandering, herfs en winter is ons voorland.
Hierdie maand is daar iets vir almal. Dit is opwindend dat paasnaweek om die draai is. Almal kort nou en dan ‘n vakansie dag blaas kans. En dit is die ideale geleentheid om tyd met jou gesin en geliefdes te spandeer – jou huisgesin en familie kom tog eerste.
In hierdie uitgawe bespreek ons ook ‘n belangrike aspek wat boerdery betref en dit is die brou van bier. Soos ons almal weet kom die hoofbestanddeel net soos alle goeie dinge uit die grond uit. Bier bestaan uit gars, water, hoep en gis. Die basiese idee is om die suiker uit korrels, gewoonlik gars, te onttrek sodat die gis dit kan verander in alkohol. Die brou proses begin met graan, gewoonlik gars hoewel soms koring, rog of ander bestanddele gebruik word. Ons boere speel ‘n groot rol hierin aangesien dit juis hulle is wat die rou materiaal vir die brou verskaf.
Ons stel ook besonderse boere wat in ons omgewing uitblink voor wat op hulle manier ‘n verskil maak soos ons altyd doen. Om terug te kom na ouma toe, ons bring dit onder ons lesers se aandag om die bejaardes te onthou, in ag te neem, en te respekteer – sonder hulle sou ons nie wees waar ons vandag is nie – waardeur hulle, dit is ook tog deel van menseregte. Geniet Maart se uitgawe!