Phyto-Force was begin in die 90’s deur ‘n pionier wat een was met sy inheemse en ingebore passie vir holistiese en natuurlike genesingsverskynsels wat in die natuur gevind word.
Hy het nie veel geld gehad nie maar het wel ‘n paar mengsels gemaak van plante of kruie en het dit self begin gebruik en aan vriende en familie aangeraai. Hy het ook programme begin wat hom in staat gestel het om natuurlike genesingskursusse aan die publiek aan te bied.
Hy het toe uiteindelik in vennootskap getree met iemand wat hiérdie produkte wou beskikbaar maak in die kleinhandelbedryf en het die produkte begin aanbied in gesondheidswinkels deur die kollege kursesse. Hy het wel sy eie soort style en oortuiging tot die vennootskap gebring. Ongelukkig het die twee nie oor alles saamgestem nie en met die gevolg is die kollege en die produkte verkoop. Deborah Tyldesley (voor sy getroud was en die van, van der Westhuizen geneem het) het toe sy in aanraking met hierdie produkte gekom het, die geleentheid aangegryp en het haar kennis en dienste aangebied om hierdie produkte te bemark in die Suid-Afrika, aangesien bemar-king haar sterkste vaardigheid was. Sy het ook vinnig agtergekom hoe om vir die leek dit maklik te maak om natuurlike genesing en natuurlike medisyne te verstaan.
Sy het ‘n traktaat geskryf oor siektes en het dit gratis versprei en aan enige een dit gegee wat dit aangevra het. Dit was juis hiérdie traktaat wat die beskikbaarheid van die produkte en die gebruik daarvan bekend gemaak het – naby en vér. Dit het jare gevat om al hierdie navorsing te bekom, maar dit was wel alles die moeitewerd. Deborah het toe die vervaardigings-aanleg en die handelsnaam in 2000 gekoop. Sy het ook die produk na hoër hoogtes geneem en opgeknap met aantreklike etikette wat inligting beter kommunikeer – dit het ook verkoopsmateriaal en reklame ingesluit. Deborah het ook na elke gesondheidswinkel in die land gegaan en hulle vertel van hierdie asemrowende produkte – vinnig het verkope vermeerder en so ook het die perseel vergroot.
Gou was een fabriek na die ander aangekoop. Die personeel het vermeerder van vier mense na byna 30. Die reeks kruiemengsels het ook uitgebrei na byna 300 wat ook beskikbaar geword het in verskillende sterktes, in tee vorm en as genees rome en salf. Binnekort word daar ook produkte in kapsule vorm verkry. Deesdae skryf naturopate, homeopate, Phytoterapeute, en tot mediese dokters hierdie produkte voor met baie goeie resultate. “Ek is lief vir hierdie maatskappy met my hele hart.
Die produkte is regtig effektief en ek kan waarlik sê dit is nie omdat dit op ‘n merkwaardige manier vervaardig nie – dit wys net dat die natuur meer as vergenoeg is om te genees,” bevestig Deborah. Waar Phyto-Force sy plante vandaan kry is van kardinale belang, elke plant van sy land van oorkoms met sy mees genesende eienskappe.
Elke plant word in die wild gegroei sonder enige inmenging van menslike bygevoegde kunsmis of plaagdoders. Elke plant word ook reg geoes binne seisoen. En, elke plant word geïdentifiseer vir maksimum doeltreffendheid en dan word dit bygevoeg in produksie. Die plant ekstrakte word ook by elke fase getoets vir die beste gehalte vir genesing. Elke plant ekstrak word omskep in ‘n spesiale mengsel om te genees en te doen wat dit oorspronklik bedoel was om te doen.
Almal wat by Phyto-Force werk is geïnspireerd en gelukkige, selftevrede individue wat hulle beste gee vir die handelsnaam en die maatskappy. “Rakende die persoon wat die mengsels eer begin maak het in sy eie kombuis – het hy die voorste banke beklee wat natuurlike medisyne betref en vandag spandeer hy sy tyd deur te veg vir die regte van naturlike medisyne in ons land. Hy kyk toe op Phyto-Force se omskepping met groot trots wetend dat sy jare se harde werk waarlik afbetaal het op die einde van die dag.