‘n Vooraanstaande mediese skool voorspel dat vetsug gaan veroorsaak dat die volgende generasie Amerikaners ‘n korter lewensverwagting gaan hê wat ‘n eerste in die nasie se geskiedenis sal wees.
In Suid-Afrika is die geval maar baie dieselfde. Ons is mos lief vir koekstisters, biltong, boerewors, melktert, en sommer baie ander lekkernye. Die probleem is dit veroorsaak dat ‘n mens baie gewig optel. En, hoeveel van ons vroue lewe byna op dieetmidels? Van Herbalife en Getslim, tot by die nuutste PGC3 dieetpil.Volgens sielkundiges kan vetsug die gevolg wees van verskeie faktore soos byvoorbeeld emosionele trauma wat daartoe bydra dat mens maklik te veel kan eet.
Ons het die uitdrukking van ‘comfort food’ al gehoor. ‘n Ou vertroostingtjie na ‘n ellendige dag. ‘n Lekker ietsie om te eet wat ons almal beter laat voel, maar eintlik ongesond is.
Die mens is geneig om sy dopamiene aanvulling te kry deur kos. Dopamiene is die sogenaamde ‘happy’-hormoon. Die hormoon wat jou liggaam afskei as jy jouself wil beloon. Ons het tog almal die neiging tot selfwaardering en wil tog ook beloon word. Die beste beloning is ‘n dieper besef van jou eie waarde. Dit is interessant dat as ‘n mens partykeer nie bereik wat jy wil nie, soms die innerlike gerus stel met kos. Dit laat ons beter voel.
“Sommige van die beste kokke in die wêreld is Pinkster,” sê Gary Rogers, ‘n voormalige kompeterende gewigopteller en oud-brandweerman wat in Assembly of God in ‘n Tulsa as pastoor dien. “Dit is moeilik om gemeenskaplik om die Woord te vergader sonder kos. Byna alles wat ons doen draai om kos,” beweer hy.
Die Noordwes-Universiteit se Feinberg Skool vir Geneeskunde in Chicago stigting van het ‘n “Omvattende Sentrum met betrekking tot Vetsug” gestig om die probleem medies aan te spreek.
“Vetsug – en sy komplikasies – is die epidemie van ons tyd,” sê Dr Lewis Landsberg, stigter en direkteur van die sentrum en die voormalige dekaan van die Feinberg Skool. “Daar is ‘n verstommende toename vetsug in die afgelope 20 jaar,” bevestig hy.
Volgens die universiteit is meer as een derde van Amerikaanse volwassenes – meer as 72 miljoen mense – nou oorgewig, en byna 20 persent van die kinders en tieners. Daar is berigte dat Amerikaners se lewenskwaliteit verkort word deur vetsug en die lys word langer soos die volgende komplikasies toon: tipe-2 suikersiekte (veral in jong mense), hoë bloeddruk, kardiovaskulêresiektes, bors- en kolonkanker, artritis en moontlik ook Alzheimerssiekte.
Die kerk waar Rogers pastoor is het ‘n uitreiksentrum waar mense basketbal en vlugbal kan speel en betrokke kan raak in ander fisiese aktiwiteite. “En niks draai om kos nie,” sê hy. Rogers ruik ook uit in sy gemeenskap na mense wat nie lede van sy kerk is nie en help hulle om gewig te verloor.
“Ek stel sommige programme vir opleiding op vir hulle,” sê Rogers. “Ek word ‘n persoonlike afrigter teen geen koste nie. Dit het my gehelp om ook kennis te maak met mense buite die kerk .” As Rogers nie besig is met fiksheidsafrigting nie word hy gevra om andere te help wat pastorale hulp benodig. Rogers sê dit het sy sigbaarheid in die gemeenskap verhoog.
Kom ons kyk na die situasie in ons eie land en meer in ‘n Suid-Afrikaanse lig. Viginia Francis het ‘n studie en tesis voltooi wat die probleem bevestig in Suid-Afrika ook. Haar tesis se titel ‘Toepassing van Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheidsbeginsels aan die Kerk’ bevestig dat vestsug ‘n groot probleem is. Haar studie gaan oor die koppeling tussen ‘n pinkster/charismatiese kerk in Durban en sosiale verantwoordelikheid. Dit was vir haar graad in ontwikkeling en beplanning te Stellenbosch Universiteit. Dit is nagesien deur Dr. Sarojini Nadar en Prof. Mark Swilling.
Volgens die tesis dra ‘n ongesonde leefstyl by tot groeiende vetsug onder Suid-Afrikaners. En sielkundiges stem saam dat die onderdrukking van geheime begeertes, gevoelens en ook die onderdrukking van jou ware self kan lei tot die ontvlugting yskas toe. Dit word aanbeveel om hulp te soek om sodoende die innerlike probleme op te los en om dit nie verder te onderdruk met slegte eetgewoontes nie.