Quantcast
Channel: Blink Boer
Viewing all articles
Browse latest Browse all 117

Die Droogte is Verby – Boeregemeenskap Juig!

$
0
0

boereSoveel boere het alreeds as gevolg van die droogte alles verloor. Van vee, na plase, dit was so moeilik met hierdie bose droogte.

Elke boer het gevoel asof die byle net oor hulle koppe hang en dat daar geen vinnige oplossing sou wees nie. Almal het so gebid en gewag en tog gehoop, met trane, sweet, opregtheid en met dieper hartsondersoek. Na maande se bekommernis het ons boere wat hulle nerf af van senuwees die ergste van die droogte gevrees – en dit met goeie rede – maar was daar tog uitkoms. Die hemel se sluise het geopen, die reën het neergestort in genadige en mulderlikke buie. Die riviere het gevloei en die strome het oorloop.
Boere in hulle getalle het op die verskeie bruê by die riviere en spruite vergader en aanskou hoe die rivier afkom met krag, mag en heerskappy. ‘n Skare boere met dankbare harte, en byna trane in hulle oë het die deurdringende reën waardeer.
Met blydskap van siel, en verligting van harte het die boere ‘n tydelike verlossing uit die greep van hongersnood en droogte ontvlug. Dit was ‘n baie emosionele belewenis vir almal en dit het darem die week beëindig op ‘n positiewe noot vir die boeregemeenskap in Brits, Madibeng, en tot in ons area in Noord-Wes.
Ons moet tog onthou volgende keer om hande te vat, koppe te laat sak in dankbaarheid en hardop te bid in ons groepe daar by die rivier en DANKIE te sê vir ons Here Jesus wat die reën aan ons skenk.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 117