Die Fruit & Veg City handelskonsep was 22 jaar terug deur die Coppin broers begin in Kaapstad. Die ‘pa’ van Sandro en Luciano was eintlik ‘n Italiaanse krygsgevangene in die destydse tweede wêreld oorlog. Na so paar jaar se handel in die Kaap het hulle besluit om die handelskonsep uit te brei na Gauteng toe. Dit was toe dat Sandro en Luciano in vennootskap getree het en het in Gauteng begin winkels oopmaak. Hulle besigheidsbesit en vennootskap was beperk tot Gauteng en verspreiding in terme van ooreenkomste. Met dieselfde dapper moed, durf, krag, aanhou en onverskrokkenheid het hulle die weg gebaan. Hulle het ook die eerste Food Lover’s Market begin sewe jaar terug. Hulle idee kom van Torino in Italië of waar hulle oorspronklik vandaan kom. In die Blink Boer Jaar 2, Uitgawe 5 het ons ‘n hele artikel daaroor gedoen. Dit was beplan as ‘n nis-winkel, gesog deur ‘n nis-mark. En, natuurlik die nis sou groente en vrugte wees soos dit verkoop word in meeste Europese marke. Hierdie bekende markverkoops-konsep word toegepas in stede soos Torino in Italië, Parys in Frankryk, en tot in Boedapest in Hongarye. Dit is Europees-bekend.
Dit behels die gebruik van die mark-konsep waar vrugte en groente vrylik uitgestal word vir die verbruiker om dan ‘n groter keuse te hê met betrekking tot die spesifieke een groente item of vrug wat die verbruiker dan wil hê. Waar in ‘n gewone supermark is alles verpak en jy is dan gedwonge om die items in die verpakking te koop of daar nou een verwelkte of oorryp item in is of nie – en so soek mens rond vir die samestelling items wat jy dan verkies. Moderne supermarkwinkels se grootste uitgawe is verpakking, en dit beïnvloed ook die prysverhoging met die ‘gerieflikheid’ wat daarmee gepaard gaan. Maar dit is tog geriefliker om jou eie samestelling van groente- en vrugte items saam te stel een-vir-een.
Dit is waar Fruit & Veg City en Food Lover’s Market voordeel trek. Moderne kos is tog verpak vir gerief. Maar met ‘n ope uitstalling het jy meer besonderse individuele keuse van dieselfde item. Die eienaars van hierdie suksesvolle en besonderse bekende handelsname het in die begin gedugte vyande gehad. Die algemene supermark het alreeds groente en vrugte verskaf, en ook teen ‘n goedkoper prys. Hulle moes iets beters aan die verbruiker aanbied – die aanbie- ding van ‘n wye spektrum keuse ook teen ‘n bekostigbare prys – en dit met die hooffokus op groente en vrugte. Daar was reeds baie supermarke soos Pick ‘n Pay, Spar, Checkers, Hyperama, die deesdae se YouSave, Choppies en baie ander.
Die kompetisie was kwaai en gedug, maar met volharding en ‘n wen idee is enige iets moontlik. Hulle nisproduk vir ‘n nismark was vars groente en vrugte in plaas van gevriesde voorraad. Vars groente en vrugte is tog gesonder as die wat se voedselwaarde ontbreek deur voorverkoeling. Alhoewel Sandro en Luciano net deel was van die Fruit & Veg City en Food Lover’s Market poging, was dit ‘n samestelling, en toegevoegde spanpoging van baie verskillende mense wat gelei het tot die sukses daarvan. Nog ‘n faktor om in gedagte te hou is dat tien jaar gelede was dit die geval van oorverskaffing, tans sit ons met die probleem van vars groente- en vrugte- oorverskaffing. In die verlede was mense se eetgewoontes nie beïnvloed deur massa media waar dit vandag presies die geval is. Saam eet en kook het heeltemal verander in betekenis, vorm en in doelstelling. Die mikpunt deesdae is gesond eet, gewigsverlies vir vrouens, en spierbou vir mans. Die groot deurbraak was om te spesialiseer in groente en vrugte, maar om ook ander verbruikersitems terselfdertyd te voorsien. Die geheim lê ook in die aanvaarding en omhelsing van moderne kos. Kosmaak en eet het by die moderne kultuur aangepas. Dit is nie net die groot vyf naamlik: spinasie, beet, kool, tamaties, en wortels wat die voortou neem soos in enige egte boerekombuis nie. Die mensdom, ongeag van kultuur pas aan by ‘n internasionale eetgewoonte, ‘eat it fresh, eat it green’ is die nuwe slagspreuk. Die bedryf en besigheidsreis moet innoverend wees om voor en volhoubaar te bly. Kreatiwiteit in smaak en voorlegging het ook ‘n belangrike deel van kos maak en finale produk uitbeelding geword.
Die benadering van hulle besigheidskreet is een van gasvryheid, vriendelikheid, verwelkomendheid en om kopers tuis te laat voel. Dit is so vereenselwig met die eienaars se unieke kultuur – eet en kosmaak is tog ‘n groot saak vir ‘n Italianer!
Die briljante meesterbrein agter hierdie konsep, naamlik die Fruit & Veg City en Food Lovers Market idee, het die tendense van die tyd en van sy teikenmark nagevors en gevolg, en dit saam met skouer aan die wiel sit en fyn beplanning het die slot van hierdie suksesstorie voleindig.
Fruit & Veg City en ons boere werk hand in hand saam met mekaar. Party boere lewer direk aan die winkel en ander weer aan die mark. Luciano inspekteer die groente en vrugte self wat aan die winkels verskaf word. Sandro besoek die boere persoonlik en ken hulle baie goed. Groent en vrugte word ook uitgegee en op hierdie wyse word ons boere en land bevoordeel.