Quantcast
Channel: Blink Boer
Viewing all articles
Browse latest Browse all 117

MELKBOERDERY – MELKPRYSE EN WINS – DIE OPLOSSING

$
0
0

Dairy-Cow-2

Melkboere in Suid-Afrika dryf tans besigheid onder moeilike omstandighede. Die bedryf is onsettend vlugtig en die plaas-hek pryse saam met besigheids en voer -koste, gepaard met seisoen omstandighede toets inderdaad die volhoubaarheid van melkplase.

Alhoewel Suid-Afrika ‘n relatiewe stendige melkprys in verband met die res van die wêreld, is ons nie voorbereid as die prys van melk nasionaal daal nie. Ons hoop wel dat hierdie af afname wel net ‘n kort tydjie sal duur. Die ontvangende melkprys in sekere streke van Suid-Afrika is baie naby of onder die van die prokusiekoste – dit is nogal strikwekkend.

Maar, om melkprys- dalings en stygings reg te bestuur is een van die hoofsleutels tot ‘n suksesvolle en vohoubare melkery. Dit is baie belangrik dat melkerye permanent ‘n positiiewe kontatvloei teen alle tye wys. Terwyl die mederheids fokus of efeektiewe kostebestuur is gedurende tye van lae melkpryse, is daar ‘n hele paar maniere om prysverskille te hanteer.

In die buiteland, veral Europa, is die probleem dat daar soveel melk gestort word aangesien melkpryse so laag is en dat daar dan nie ‘n volhoubare mark darvoor bestaan nie. Dan kan ‘m mens gerus wees dat die omstandighede vir melkboere in Suid-Afrika tog nie so erg is nie. Alles kan onder beheer gebring word deur goeie beplanning.

Ons moet elke dag nuwe manier oorweeg om meer mins te verseker. Ons kan nie net terugsit en verwag dat ons moeitevolle arbeid alleenlik afbetaal wat die melkery betref nie. Om net vir die beste te hoop is glad nie ‘n goeie strategie nie. Elke melkery hoort ‘n strategiese plan in plek te he waar wetenskap en besigheid mekaar ontmoet en omhels. En, dit vir die kort- en langtermyn.

Dr Chris van Dijk, hoof uitvoerende beampte van die Melkprodusente Organisasie (MPO) beveel aan dat “die eerste taktiek om te gebruik wanneer melkpryse laag is is om met jou voedingkundige te konsulteer en jou voedingsverhouding te hersien en so aan te pas.”

‘n Melkery moet vir die boer werk, die die boer vir die melkery nie. Tussen 60 en 70% van melkery inkomste is afkomstig van goeie voedingsbestuur. Graanpryse bly vlugtig en behoorlike beplanning met betrekking tot graan koop sal baie in koste spaar. Dit is ‘n vereiste om lae produksiekoste te behou sodat die melkboer weerstand het teen prysverskille.

Saam met deskuniges, ontwikkel die MPO programe om hulle lede te help om jaarliks aan te pas en om winsgewend te wees terwyl melkpryse daal. Hierdie progame sluit die hersiening van finansiëlebestuur. Dit sluit ook in die verbetering van produksie tot die instandhouding en onderhouding van dieregesondheid. Wat ook hanteer word is die omgewingssake en die gesondheid van melkplaaswerkers en eienaars.

Elke melkboer moet sy besigheid optimaliseer – goeie tye sal terugkom en die melkprys sal weer uitbalanseer. Die melkboer sal dan moet seker maak dat sy vee sal dan ook kan byhou.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 117