
Bestanddele
15 tennisbeskuitjies
2 x 250g bakkies roomkaas
125 ml strooisuiker
100 ml Fruit Mince
10 – 12 glanskersies sonder stingels
Foelie
Vir die bolaag
100 g donkersjokolade
100 ml room
100 ml amandelvlokkies
Maraschinokersies
Metode
Plaas 2 lae foelie (40 cm lank) op ‘n werkoppervlak.
Pak die tennis beskuitjies in 3 rye van 5 koekies elk.
Meng die roomkaas, strooisuiker en vrugtemaalvleis liggies en versprei eweredig oor die tennisbeskuitjies.
Pak die glanskersies in ‘n ry op die middelste koekies.
Staan by die bopunt van die rye koekies en bring die foelie met albei hande van die buitenste tennisbeskuitjies af saam om ‘n driehoek te vorm.
Maak die foelie toe en hou in die yskas tot benodig.
Om op te dien
Breek die sjokolade in kleiner stukkies en smelt saam met die room in ‘n klein pot.
Roer tot die sjokolade gesmelt is en die mengsel ‘n gladde ganache vorm.
Haal die yskaskoek uit die yskas, verwyder die foelie en plaas op ‘n lang opdienbord.
Gooi die sjokolade bo-oor en strooi die amandelvlokkies oor die sjokolade.
Sit die maraschinokersies op die sjokolade.
Jy kan 500 ml roomys in die plek van die roomkaas gebruik. In hierdie geval, laat die suiker uit, omdat die roomys reeds soet is.
Versier jou driehoek kaaskoek na hertelus. Gebruik neute, kersies en sjokolade om die smaaklike lekkerny af te rond.